‘Emosionele Kersfees’ vir Joost en Amor

Joost van der Westhuizen en Amor Vittone by hul kinders, Jordan en Kylie Foto: Amor Vittone, Facebook

Joost van der Westhuizen en Amor Vittone by hul kinders, Jordan en Kylie Foto: Amor Vittone, Facebook

Amor Vittone, sangeres, aktrise en vervreemde vrou van die voormalige Springbok-speler Joost van der Westhuizen, het foto’s op Facebook gedeel van die familie se tyd saam op Oukersaand.

“Een emosionele Kersfees…” het Amor op Facebook geskryf saam met ʼn fotogalery. “Die familie almal saam! Geseënde Kersfees en onthou om alles voluit te doen, die lewe is te kort!”

Joost ly die afgelope vyf jaar aan motorneuronsiekte.

Saam met Joost en Amor is hul kinders, Jordan en Kylie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Johann ·

Ek haal my hoed af vir almal op die fotos(natuurlik veral vir Joos) wat so gelukkig lyk in julle donker uur van nood en swaarkry. Ons almal is so vinnig om te kla oor die simpelste goed en die hele wereld is deurtrek van haat,moordslag,dood,oorloe,siekte ens ens ,dar n mens nie anders kan om die absolute positiewe gebaar van al julle pragtige mense te waardeer en bewonder nie. Ek voel sommer meer positief oor my familie se eie wroeginge. Voorspoed Joost!!!

Elize Colton ·

Wat ‘n wonderlike voorreg om hulle so saam te sien en dat daar geen kwade gevoelens tussen Joost en Amore bestaan nie. Dit is ook die beste voorbeeld vir hulle kind.
Ons bid vir jou Joost en dra jou op aan ons Hemelse Vader.
‘n Geseënde Kersweek en 2017 vir julle.
Hou so aan. Dit is bewonderenswaardig. God seën julle.

Oom Kalahari ·

‘n Wonderlike en Geseënde Kerstyd en Voorspoedige Nuwejaar word hierdie gesin toegewens. Pragtige gesins gebaar om hierdie spesiale dag met mekaar te kan wees en in God’s seëninge mekaar te kan omhels en die dag spesiaal te kan maak. Joost jy is nog altyd ‘n vegter en ons Rugby held en ons wens jou en gesin alle sterkte en voorspoed toe. Jul is in ons gebede.

Catryn ·

Dankie dat julle jul spesiale oomblikke en foto’s met ons deel. Goeie wense vir almal vir julle op die geboorte van Jesus se herdenking, mag sy liefde en vreugde julle omvou. Seenwense en sterkte ook aan Joost, julle almal is spesiaal.

Waghond ·

So ‘n hartseer storie. Ek haal my hoed af vir Joost (vir sy vegtersgees), Amor ( vir die onbaatsugtige bystand wat sy aan Joost verleen) en kinders (vir wie dit ook nie maklik kan wees nie. Geseende Kersfees & Voorspoedige Nuwe Jaar aan hierdie gesin.

Hendrik Swanepoel ·

Bly julle kon Kersfees as familie geniet. Sterkte vir 2017, Joost!! Jy bly nog altyd my Bloubul held. Dankie vir die glimlag selfs in hierdie moeilike tye. Jy is n voorbeeld vir baie.

Sarel Strydom ·

Joost nog steeds met ons.Formidabele familie by wie ons almal ‘n les kan leer.

Siestog ·

Joost is ‘n baie groot inspirasie vir almal. As hy jou hart nie aanraak nie, dan het jy ‘n klip vir ‘n hart. Mag jy en jou gesin ‘n mooi en rustige Nuwe Jaar ervaar.

Wilma Schlemmer ·

Baie dankie Amor dat jy ak die fotos met ons deel. Dankie dat jy en die pragtige kinders saam met Joost staan in die moeilike tyd. Ek glo God kan ‘n wonderwerk laat gebeur en ons almal moet bud en glo dat Joost weer gesond kan word. Ek haal my hoed af vir Joost. Jy is ‘n vegter soos ek nooit gesien het nie. Alles wat mooi is vir julle vir 2017

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.