Maroela Media het verskeie bekendes op die bloutapyt gepols met ʼn enkele vraag: Wát maak Afrikaans pret?
Bekendes soos Charlize Berg, Donnalee Roberts, Amor Vitonne, Hannon Bothma, Ivan Botha en Simoné Nortmann het ingeweeg om hul opinie op dié vraag te gee.
Maroela Media kon ook daarin slaag om skreeusnaakse blapse van Simoné Nortmann, Donnalee Roberts, Amor Vittone, Altus Theart en Zetske van Pletzen vas te vang.
Lees ook oor die opspraakwekkendste verhoogproduksies van verlede jaar op Maroela Media. Hier is ʼn volledige lys van die wenners.
Program was uiters uiters swak.
Ek het skaars 10 sekondes gekyk en dadelik van kanaal verander – volksvreemd!
Dit was vir my weer goed gewees …trots Afrikaans en ek moet se Kyknet doen wonderlike goeie werk vir Afr ….dis voorwaar voortreflik en uit die boonste rakke veral as mens sien hoeveel nuwe produksies die lig sien elke jaar ….DANKIE JULLE !
Uiters teleurstellend. Gedink dit sal beter raak maar toe nie. !!
Ja ek het sommer kamer toe gegaan te swak gewees
Swak gewees het alle respek vir vitonne verloor na die aanvalle op oorlede Joost
Nie geweet sy lewe nog nie…en g’n ‘n bekende….dalk in haar oë. Shame
Die erkenning aan Carel Trichardt en Petru Wessels was baie goed en Louis van Niekerk het dit uitstekend opgesom in kort tyd tot sy beskikking. Schalk Bezuidenhout het later begin irriteer.
Wie het op die seremonie meester besluit? Net ‘n paar minute gekyk. Vir my was dit ‘n SWAK program.
Wat ‘n UITERS vervelige program. Die ‘kliek’ van KYKNET wat die snert van 2 + ure opgedis het, behoort hulle te skaam. Flou grappies, irriterende seremoniemeester en uitgerekte twak! Die rekenning geddeltes was die enige goeie 10 minute.
Twee laaaaaaaaaaaaang ure se gaap
Ek het probeer kyk of dit nie wil beter raak nie — te veel volksvreemde elemente om dit aanvaarbaar te maak seker maar vir Multi Choice
Ek het ook maar vinnig oorgeskakel na n ander program. Dit was so regtig simpel. Die MC het my totaal afgesit om dit ooit weer te kyk.
Nogal snaaks dat van die mense die lof van Afrikaans besing maar sommige van hulle dit nie kan doen sonder om ‘n Engelse woord of twee in die gesprek te gooi nie.