Die gewilde Afrikaanse kletsrymer en omroeper, Hemelbesem, het die afgelope naweek die knoop deurgehak met sy mede hip-hop-kunstenaar, YOMA.
Die egpaar, wie se regte name Simon Witbooi en Claudia Britz is, het die seremonie by die romantiese Seeplaas-boetiekrestaurant en -kunsgalery in Grootbrak in die Wes-Kaap gehou.
Hemelbesem het tydens die seremonie uit 1 Korintiërs 13 vir sy bruid voorgelees.
Hy het tydens die troubeloftes hartroerend gesels oor die liefde wat aanhou leer en groei. Die heildronk op die paartjie is deur die strooijonker en goeie vriend, Robin Fourie, beter bekend as die kletsrymer, Die Hooflig, ingestel.
Hy het hom intussen tot sosiale media gewend om sy dankbaarheid en blydskap uit te druk. “Dit is die mooiste dag vandag. Dankbaarheid,” het hy geskryf.
Hemelbesem is ook bekend vir sy liefde vir Afrikaans. Hy toer gereeld landwyd saam met die ATKV om Afrikaans te bevorder. Hy het reeds nege albums vrygestel.
Hy het ook ʼn weeklikse program op RSG op Maandae tussen 21:00 en 22:00.
Baie geluk julle! Weet sommer dit sal gelukkig en vir ewig wees. Mooiste venue en my huisie se buurplekkie.
Baie geluk julle! Ek glo julle huweliksbootjie is waterdig! Sterkte.
Julle lyk pragtig en is bietjie positiewe lig in die nuwe week! Mag jul n baie gelukkige lewe saam he!
Dis nie kletsrymer nie…..dit is Rymkletser
Geluk julle! Tog so mooi paartjie!