Foto: Glanspaar se tweeling gebore

Jacques en Angelique by hul tweelingdogtertjies. Foto: Instagram

Die Suid-Afrikaanse aktrise Angelique Gerber Potgieter en haar rugbyspeler-man, Jacques Potgieter, se tweelingdogtertjies is gister gebore.

Jacques het Vrydagoggend ʼn foto op Instagram gedeel en gesê: “Grootste geskenke van bo af. Ons twee prinsesse is perfek. My engel, jy was amazing.”

Die tweeling, Annabella en Olivia, is Donderdag gebore. Angelique het vroeër in die aankondiging dat sy swanger is gesê sy en haar man is baie dankbaar oor dié nuus, selfs al het hulle nie verwag om nege maande ná die geboorte van hul eersteling weer swanger te wees nie.

Angelique en Potgieter is sedert Augustus 2014 in ʼn verhouding en is in Junie 2016 op die Eureka-landgoed buite Durbanville in die Wes-Kaap getroud. Hulle het hulle eersteling, Jacques jr., in November 2016 verwelkom.

Gerber het bekendheid verwerf as die Roemeense boetiek-assistent Clara in die gewilde sepie 7de Laan. Sy was ook onlangs in die fliek Dis koue kos, skat te sien en is ʼn voormalige Boer soek ʼn vrou-aanbieder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Amanda ·

Baie dankie dat julle hulle vir ons wys en nie skaam is soos die ander bekendes nie.

Ruby ·

Ek dink die verpleegsters sukkel om op hulle werk te konsentreer lol.

Baie geluk mamma en pappa, mag hulle die dogters word wat julle en God beplan het.

Gesiggie ·

Te pragtig… sterkte Mamma en Pappa .. kan dink hoe trots jul moet voel”’

Marietjie ·

Nie dat ek kla nie, maar hoekom sou hy nou kaal bolyf in die hospitaal sit?

Karin ·

Omdat hy kan :-) en sodat sy dogtertjie en hy velkontak kan he.

Anoniem ·

Ag dankie, het nou so lekker gelag vir Marietjie se taktvolle kommentaar….

TLC ·

Maritjie ope vraag maar ek sou nie omgee om n nurse daar te gewees het nie . Maar moeder hul is pragtig en voorwaar n trotse gebeurtenis. Als wat pragtig en mooi is vir julle . Gods rykste seën

Baie geluk ·

Baie geluk jul 2tjies. Ek is bly om te sien die Pappa is so mooi betrokke, daardie direkte aanraking is so belangrik, doen so voort, die band tussen julle en jul dogtertjies word so mooi versterk hierdeur en groot vertrou word geskep.

Swanna ·

Ouma en Karin julle ken. Ek hey dit met my twee kinders ook gedoen toe hulle gebore is. Dit werk. Ek pluk die vrugte daarvan vandag.

Ouma ·

Baie geluk julle twee..! Jinne…daai Atlas borskas laat die kleine bondeltjie nog kleiner lyk..!

Prem mamma ·

Dit is kangaroe care. Dit is so belangrik en die dokters en sisters dring daarop aan veral vir die prematuur babatjie. Onthou, hulle kan partykeer nie borsvoed of bottel nie en word deur pypies in hul neusies gevoer so so kry hulle al daai bonding wat voltermyn babas meer van kan kry as hulle gevoer word. En die beste is lyf teen lyf… Baie goed vir enige baba….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.