Foto: Minki verwelkom pienk bondeltjie vreugde

Trotse pa Ernst Joubert met sy dogtertjie (Foto: Nicola Bester via Minki van der Westhuizen/Faceboook)

Die TV-aanbieder Minki van der Westhuizen en haar man, oudrugbyspeler Ernst Joubert, het Vrydagoggend hul derde dogtertjie verwelkom.

“Baie welkom by ons, liefste klein engeltjie!!!! Ons is so verlief en dankbaar. Alle eer aan God. Sy is volmaak,” het Minki op Instagram geskryf.

Die dogtertjie, wie se naam nog nie bekend gemaak is nie, is by Stellenbosch-medikliniek gebore en het 3.5 kg geweeg.

Die egpaar het reeds twee dogtertjies, Katerien (4) en Elise (3).

Minki het verlede maand aangekondig het dat sy nie meer die program Boer soek ʼn vrou sal aanbied nie. Sy het die televisieprogram verlaat as gevolg van logistiek rondom haar derde kind se geboorte. Die sangeres Leah is op 1 Februarie aangekondig as die nuwe aanbieder van dié gewilde werklikheidsprogram.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Marinda ·

Baie geluk julle twee of is dit nou 5? Eks sommer baie bly vir julle. Lekker pop speel.

Aanghanger ·

Baie geluk met die klein mensie – nou vir die vierde een – die seuntjie

Penellope Jones ·

Die wonder van ‘n nuwe lewe!
Baie geluk en hope vreugde vir julle 5 saam!

Anoniem ·

Ag oulik, en die nuwe kind se studiefonds kry sommer n lekker hupstootjie met die eksklusiewe fotos en en en in die huisgenoot. Sekerlik nie te versmaai nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.