Foto: Prins Harry se klein Archie op Vadersdag

Klein Archie en sy pa, prins Harry. (Foto: @SUSSEXROYAL/Twitter)

Die hertog en hertogin van Sussex het ʼn foto van hulle babaseuntjie, Archie, saam met prins Harry gedeel.

Die sepia-foto is op Vadersdag op die egpaar se Instagram-rekening gepubliseer en is die eerste wat uitgereik is en wat die ses weke oue baba met oop ogies wys, berig BBC.

Dit is getiteld “Gelukkige Vadersdag! En die wens vir ʼn spesiale, eerste Vadersdag aan die hertog van Sussex”.

William, die hertog van Cambridge, het ook die dag gevier met ʼn foto van hom en sy jongste seun, prins Louis, terwyl prins Charles ʼn foto van hom en sy twee seuns gedeel het.

BBC berig slegs ʼn paar foto’s van Archie Harrison Mountbatten-Windsor is nog uitgereik sedert sy geboorte op 6 Mei vanjaar.

Verlede maand het die hertogin van Sussex, ʼn Amerikaner, haar eerste Amerikaanse Moedersdag gevier deur ʼn foto van Archie se voetjies te deel.

In die jongste foto is Harry se trouring te sien, terwyl hy sy seun koester en dié aan sy pa se vinger vashou

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Johann cb ·

Wat ‘n pragfoto! Die hegte band tussen pa en seun is duidelik sigbaar!

PaulV ·

Deloris; as jy nie belangstel nie, waarom enigsins op die skakel klik? Volgens die opskrif is dit tog baie duidelik waaroor die artikel handel.

Hanna hoekom ·

Presies, my vraag ook…

Hoekom n sepia foto,
is Megan skaam vir haar kind,……?.

PaulV ·

Nee Hannah; ek dink Meghan sal eerder skaamkry vir jou ongevraagde, rassistiese aanmerking.

Abe ·

Delores,
Daar is nie so’n woord soos “enn” nie. Watter taal probeer jy skryf?

Oujongvrou ·

Johann cb, daar is dalk n hegte band van die pa se kant af, maar daai baba weet niks. Enigeen sal nou doen.

Abe ·

Oujongnooi,
Wat ‘n suur ou tipiese oujongnooi-aanmerking. Dit is n pragtige foto en dit spreek van ‘n mooi vader-seun verhouding. Ek stem saam met jou, Johann cb.

Abe ·

Ja, PaulV,
Is dit nie tragies dat so’n pragtige, onskuldige kindjie, nou moet blootgestel word aan rassistiese opmerkings nie. Die is die soort opmerking wat spreek van een van die lelikste gevoelens wat een mens teenoor n ander kan koester.

Andreas ·

Maar wawawag so bietjie, dis nie al om oor te berig nie, dié wat belangstel sal wel weet dat hier in Suid-Afrika het ek Archie se geskenk wat van geboorte af wag op stal, ‘n skimmelperdjie. Die hings se naam is Duke, aka SkimmelBaron Greenwich.

Kyk, hy raak ook nou ook al lekker langbeen, nogal snaaks om dit te sien, kompleet soos ‘n kleuter of ‘n tiener-langbeenmeisiekind. Sal hy nou vir my vies runnik en met ‘n voorpoot op die grond stamp as hy moet weet ek vergelyk hom met ‘n meisiekind!

Abe ·

Andreas,
Ek hou van jou storie. Kom ons laat jou verhaaltjie loop en dan publiseer ons hom, met toepaslike foto’s soos die outjie ouer word! Ons noem die storie iets soos: “Sprokie vir n stadsprins.”

Amber ·

CJ, ek stem met jou saam. Die kommentaar is bitsig en hulle wil net baklei!! Kyk net na die ongelooflike fotografie van pa en seun se hande.

Denise ·

Liewe tyd los mekaar uit almal kan nie dieselfde dink, voel nie asseblief gee mekaar spasie !!!!!! Wat mooi is vir die een persoon is dalk lelik vir n ander !!!!

Magaretha van heerden ·

Ons is in UK en kon nog gladnie die baba sien nie. Al die fotos is so verskuild. of net n handjie of voetjie. Die een maak die gesiggie toe. Hoekom?

Della ·

Dis ‘n pragtige foto! Hulle sal heel waarskynlik eers volle foto’s vrystel met sy doop! (volgens hulle tradisies)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.