Foto’s: 22 m lange sluier vir aktrise en popster se troue

Priyanka Chopra and Nick Jonas by hul Westerse troue (foto: Instagram via PriyankaChopra)

Die internet is behoorlik aan die gons oor foto’s van die voormalige Mej. Wêreld en Bollywood-aktrise Priyanka Chopra (36) en die Amerikaanse  popster Nick Jonas (26) se troue.

Chopra en Jonas het die afgelope week ʼn string tradisionele Indiese seremonies bygewoon as deel van hul huweliksfeesvieringe. Chopra het in Indië grootgeword en wou haar Indiese kultuur vereer deur verskeie tradisionele seremonies. Die paartjie het ook Jonas se kultuur vereer deur Saterdag ʼn tradisionele Westerse huwelikseremonie te hou.

Die bruid het verskeie uitrustings gedurende die week gedra, maar dit is die trourok wat sy by hul Westerse seremonie gedra het wat die meeste aandag getrek het.

Chopra se rok is deur die bekende ontwerper Ralph Lauren ontwerp en spog met ʼn sluier van sowat 22 m. In ʼn video deur People kan gesien word hoe ses mense moet help om die sluier te dra terwyl Chopra saam met haar ma na die kansel stap.

Ralph Lauren het nog slegs vir drie ander vroue trourokke ontwerp en almal was familie. Chopra is dus die eerste bekende wat in een van sy ontwerpe kon trou. Jonas se pak is ook deur dié ontwerper gemaak.

Die egpaar se deftige Westerse troue het voor 225 gaste op die grasperk van die Umaid Bhawan-paleis in Jodhpur plaasgevind. Chopra se sluier was wel nie die enigste oordadigheid nie aangesien hul 5 m hoë troukoek ook die kollig gesteel het.

Priyanka Chopra se sluier was sowat 22m lank (Foto: Skermgreep uit die video)

Jonas en Chopra het ná die onderskeie seremonies albei op sosiale media vertel hoe gelukkig hulle is.

“Dit was vieringe waarvan ons albei gedroom het,” het Jonas geskryf.

“Dit is ongelooflik om ʼn leeftyd van saamwees saam met ons familie en vriende te begin. Vir altyd begin nou,” het Chopra geskryf.

Chopra en Jonas is vir die eerste keer in Mei 2017 as ʼn paartjie geïdentifiseer en hy het haar in Julie vanjaar gevra om te trou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

CJ ·

Noem my negatief, noem my wat-ookal. Paar jaar later hoor ons die paartjie is besig om sake in die skeihof uit te baklei. Natúúrlik wens ek hulle alles van die beste toe.

Jessica ·

Ek stem saam, who they trying to impress, money like water to waste just to show off, nie lank nie dan is dit trane en egskeiding.

Pensioenaris ·

CJ- Stem 100% saam met jou. Dis net dat hulle 7 keer sal moet skei, want lyk vir my hulle is 7 keer getroud. Eina.

Didi ·

“Leeftyd van saamwees”
Will believe it when I see it….

Serias? ·

Ag asseblieffff! 22 meter, hahaha. Pathetic if you are a legend in your own mind….

LD ·

Jealousy makes you nasty nèh…..? dit is mos hulle probleem, niks met ons te doen of hulle gaan skei of gelukkig getroud gaan bly nie! Ai mense, dis vreeslik moeilik om die son oor iemand anders se kop te sien skyn al is dit net vir n rukkie….

Nika ·

@LD ek stem saam jou, ek is bly vir hulle, mag hulle n leeftyd gelukkig wees! Sy het pragtig gelyk in al haar baie rokkies en sy het die geleendheid en die finansies om dit te doen so hoekom nie? As dit haar idee van n sprokie troue en rok was dan is ek bly sy kon dit kry!

Rikku ·

Wonder maar net wat Jonas se Ma gesê het van dié Huwelik.

ZP ·

Ek dink sy het pragtig gelyk! Wie is ons om ñ oordeel uit te spreek as ons hul nie persoonlik ken nie? As dit hul idee van ñ sprokiestroue is, gun dit vir hulle.

Oujongvrou ·

Belaglik sal nooit mooi wees nie. Lyk vir my eerder of die 2 van tonne aandag hou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.