Verskeie kunstenaars onder wie Sandra Prinsloo is Vrydag tydens ʼn intieme geleentheid op die Aardklop Nasionale Kunstefees in Potchefstroom vir hul werk vereer.
Alexa Strachan, Aardklop-feesbestuurder, het as seremoniemeester by dié geleentheid opgetree. Strachan is met ʼn staande applous toegejuig vir die besonderse sukses wat die fees tot dusver behaal het.
Sy het onder meer gesê dit is die eerste keer in die geskiedenis dat ʼn fees op dié skaal in so kort tydperk aanmekaargesit word. Sy het ook benadruk dat die fees trots is om steeds ʼn bydrae tot die kunste te lewer.
Die wenners het elk ʼn kontantprys en beeldjie ontvang wat deur die plaaslike keramiekkunstenaar, Gretchen Crots, gemaak is.
Die wenners is:
Beste akteur
- Dean-John Smith (ʼn COCK & BULLshit storie)
Beste aktrise
- Sandra Prinsloo (So ry Miss Daisy)
Beste regisseur
- Marthinus Basson (ʼn COCK & BULLshit storie)
Beste aanbieding
- Amper, Vrystaat
ATKV-Aartvark prys vir grensverskuiwende werk
- Kunssafari vir kinders en tieners