[Foto’s] Afrikaanse aktrise trou stilletjies, deel troufoto’s

Erica Wessels en Willem Boshoff (Foto: Instagram)

Erica Wessels en Willem Boshoff (Foto: Instagram)

Sy het in die duur van haar veelbekroonde loopbaan al talle gedaanteverwisselings ondergaan om van die gróótste rolle op die silwerskerm te vertolk, en nou stap die Afrikaanse aktrise Erica Wessels wéér in ʼn nuwe rol in: dié van ʼn getroude vrou.

Die aktrise, veral bekend vir haar rolle in Treurgrond, Die Wonderwerker en Erfsondes, het in Desember verlede jaar stilletjies met haar kêrel, Willem Boshoff, afgehaak.

Erica het tydens die première van My Father’s War aan Maroela Media vertel sy is dolgelukkig saam met dié aktuaris van die Wes-Kaap.

Die aktrise, wat verlede jaar op die Silwerskermfees in Kaapstad as beste aktrise aangewys is vir haar rol in Vlees van my vlees, het vandeesweek vir die eerste keer troufoto’s met aanhangers op Instagram gedeel.

Sy het voorheen in ʼn onderhoud met Rooi Rose gesê hoewel sy in die verlede al deur verbrokkelde verhoudings gekwes is, glo sy steeds in die liefde. “Ek sou graag wou trou as dit vir my beskore is – ek het nog nooit rondgespeel nie. Dalk was hulle maar nog net nie die regte een vir my nie,” het sy vertel.

“Die lewe het al vir my gewys ʼn mens kán vir verskillende mense lief word. Elke nuwe liefde is soos ʼn nuwe boek met ʼn nuwe omslag.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Millie ·

Mag die Here sakke en sakke vol seën oor julle 2tjie uitgooi – baie baie geluk

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.