
Warren Linden en Charlize Berg (Foto: Marsel Roothman)
Die bekroonde sangeres Charlize Berg het onlangs verloof geraak aan haar kêrel van agt jaar, Warren Linden.
Berg se woordvoerder, Ilse van den Berg, het die nuus aan Maroela Media bevestig.
Van den Berg het gesê die twee het op 16 September verloof geraak op die dak van die Bank Towers in Pretoria.
“Ná agt jaar saam het Charlize se skoolliefde haar gevra om te trou. Warren het bo-op die Bank Towers ʼn lekker piekniek-atmosfeer geskep het met blomme, sjampanje, koek en kerse,” het sy vertel.
“Charlize was baie opgewonde en verras en het sommer dadelik ja gesê. Die paartjie beplan om volgende jaar te trou.”
Die sangeres het ook onlangs haar jongste album, As jy weet dis liefde, uitgereik.
Berg het vroeër in ʼn onderhoud met Maroela Media vertel dié album is geïnspireer deur liefde, veral deur haar verhouding met Warren.
Volgens haar het die album ook ʼn boodskap van innerlike krag en om in jouself te glo. Luister hier na die volledige onderhoud.
Vir meer inligting besoek Berg se Facebook-blad.
- Warren Linden en Charlize Berg (Foto: Marsel Roothman)
- Charlize spog met haar ring wat gemaak is deur Lorean Juweliere (Foto: Marsel Roothman)
- Charlize se ring is deur Lorean Juweliere ontwerp en vervaardig (Foto: Facebook)
- Warren Linden en Charlize Berg (Foto: Marsel Roothman)
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
13 Kommentare
Wie’s Charlize Berg?
Dit bly vir my vreemd om na 8 jaar saam, verloof te raak en dan te trou. Baie soos Prins William en sy Kate. Na 7 jaar saam raak hulle verloof – groot verassing!! Jammer, ek dink dit maak ‘n bespotting van die huwelik.
ek verstaan glad nie die negatiewe aanmerkings nie … bespotting ??? en wil net se as mens altyd negatief is le die fout by jou … baie geluk aan die paartjie
dankie Karin, ek stem – wat de ongeluk het die twee mense se privaat lewe en hoe lank sy hare is, ieg met julle te doen??
baie geluk julle twee!!
Dis soos ‘n pragtige sprokie! Julle is so mooi! Baie geluk! xx