[Foto’s] Afrikaanse sangeres gee jawoord

Warren Linden en Charlize Berg (Foto: Marsel Roothman)

Warren Linden en Charlize Berg (Foto: Marsel Roothman)

Die bekroonde sangeres Charlize Berg het onlangs verloof geraak aan haar kêrel van agt jaar, Warren Linden.

Berg se woordvoerder, Ilse van den Berg, het die nuus aan Maroela Media bevestig.

Van den Berg het gesê die twee het op 16 September verloof geraak op die dak van die Bank Towers in Pretoria.

“Ná agt jaar saam het Charlize se skoolliefde haar gevra om te trou. Warren het bo-op die Bank Towers ʼn lekker piekniek-atmosfeer geskep het met blomme, sjampanje, koek en kerse,” het sy vertel.

“Charlize was baie opgewonde en verras en het sommer dadelik ja gesê. Die paartjie beplan om volgende jaar te trou.”

Die sangeres het ook onlangs haar jongste album, As jy weet dis liefde, uitgereik.

Berg het vroeër in ʼn onderhoud met Maroela Media vertel dié album is geïnspireer deur liefde, veral deur haar verhouding met Warren.

Volgens haar het die album ook ʼn boodskap van innerlike krag en om in jouself te glo. Luister hier na die volledige onderhoud.

Vir meer inligting besoek Berg se Facebook-blad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Francie ·

Dit bly vir my vreemd om na 8 jaar saam, verloof te raak en dan te trou. Baie soos Prins William en sy Kate. Na 7 jaar saam raak hulle verloof – groot verassing!! Jammer, ek dink dit maak ‘n bespotting van die huwelik.

Lisa ·

Hoe is dit ‘n bespotting om ‘n verhouding met n sterk basis op te bou en seker te maak jy is gereed om die stap te neem? Moet skoolliefdes Dan maar Sodra hulle klaar is met skool trou om nie ‘n bespotting te maak nie? Is dit beter om iemand vyf minute lank te ken, verloof te raak en Dan oor drie maande te skei? Kom by man.

Karin ·

ek verstaan glad nie die negatiewe aanmerkings nie … bespotting ??? en wil net se as mens altyd negatief is le die fout by jou … baie geluk aan die paartjie

hercu ·

dankie Karin, ek stem – wat de ongeluk het die twee mense se privaat lewe en hoe lank sy hare is, ieg met julle te doen??

baie geluk julle twee!!

Lulu ·

hercu, dit het alles met ander mense te doen – HULLE het hulle privaat lewe in die media uitgeblaker. As mens hulle privaatheid moet respekteer – dan moet hulle dit nie publiseer nie – MAKLIK!

Daan Erasmus ·

Hercu. Jy vra wat het hulle privaat lewe met ons te doen. Basies niks. MAAR hierdie is mos nie hul privaat lewe nie. Hulle het self hul lewe oopgestel vir kommentaar. Dit is in die openbare domein. Of verstaan ek iets verkeerd

Lana Turner has collapsed ·

Dis soos ‘n pragtige sprokie! Julle is so mooi! Baie geluk! xx

Lana Turner has collapsed ·

Dis soos ‘n pragtige sprokie! Julle is so mooi! Baie geluk!

Gielie ·

Bly Warren het uiteindelik wakker geskrik al het dit hom agt jaar genoem.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.