Weinig dinge in die lewe is vir die akteurspaar Altus Theart en Zetske van Pletzen só kosbaar as ouerskap. Om die waarheid te sê, voor die geboorte van dié glanspaartjie se eersteling sou hulle nooit kon raai dat ʼn mens só ontsaglik lief kan wees vir iemand anders nie.
Die egpaar het onlangs hul eersteling, Alexander, se eerste verjaardag gevier. Zetske het Dinsdag aan Maroela Media vertel ouerskap is vir haar ʼn “wonderlike geskenk”.
“Ouerskap word vir my by die dag net lekkerder. In die begin is dit ʼn guessing game – albei van ons moes maar skarrel omdat ons nuwe ouers is, maar ons sal dié reis vir niks in die wêreld verruil nie. ʼn Mens besef nie jy kan so onsettend lief wees vir ʼn ander mensie nie,” vertel sy.
Die aktrise het die afgelope jaar haar werkslading baie afgeskaal om eerder tyd saam met Alexander tuis deur te bring.
“Ek is baie bevoorreg dat ek hierdie jaar by my seun kon wees omdat baie ander ma’s nie die voorreg het nie. Ek kon baie van hom leer en ervaar; vandat hy ʼn pap babatjie was tot nou dat hy begin om klein woorde te sê of dinge te herhaal. Ons moes ons sosiale skedule baie aanpas, maar ons verruil hom vir niks nie.”
Sy vertel sy sien nou daarna uit om weer na ʼn meer gereelde werk terug te keer. “ʼn Mens mis ook maar jou passie in die lewe, wat natuurlik my akteurswerk is. Ek kan ook nie wag om weer aan die werk te spring nie, maar aan die anderkant besef ek dat ek hom ongelooflik baie gaan mis.”
Wat van ʼn boetie of sussie vir klein Alexander? “Nie nou nie,” lag sy. “Ons wil graag nog ʼn boetie of sussie in die huis hê, maar vir nou is Alexander ons enigste baba. In die toekoms mag dinge dalk verander.”
Alexander se eerste verjaardagpartytjie is gereël deur Chantal Smalberger van Vincent’s in Pretoria. Al die foto’s is geneem deur RDK Fotografie.
- Zetske van Pletzen en Alexander (Foto: RDK Fotografie)
- Altus, Zetske en Alexander (Foto: RDK Fotografie)
- Zetske van Pletzen en Alexander (Foto: RDK Fotografie)
- Zetske van Pletzen (Foto: RDK Fotografie)
- Zetske van Pletzen en Alexander (Foto: RDK Fotografie)
- Altus, Zetske en Alexander (Foto: RDK Fotografie)
- Altus, Zetske en Alexander (Foto: RDK Fotografie)
- Zetske van Pletzen en Alexander (Foto: RDK Fotografie)
- Zetske van Pletzen (Foto: RDK Fotografie)
- Altus en Alexander (Foto: RDK Fotografie)
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
11 Kommentare
wow pragtige fotos en die mooiste kleinman geniet die ouerskap
Ag regtig, “A”, moet jy iets kry om te kritiseer!!! Daar is so baie mooi (dieper as die uiterlike) wat uit hierdie foto’s straal – sien dit raak en geniet dit….!! Pragtig julle 3’tjies…dit is regtig BAIE mooi!
Ongelooflike mooi foto’s. Mooiste mooi paartjie en baba.
Ag is dit nie pragtig nie? Hy is sy pappa uitgeknip!
Hy so cute, net soos sy pa. Pragtige gesinnetjie!