Die sangeres Andriëtte Norman (31) het Woensdag pragfoto’s van haar en haar drie weke oue seuntjie, Glynn, op sosiale media gedeel.
Maroela Media het vroeër berig Glynn is op 5 September om 08:31 gebore. Hy het 3,8 kg geweeg by geboorte.
In die ma-en-seun-foto’s hou ʼn stralende Andriëtte vir klein Glynn vas. Andriëtte het by die foto’s geskryf dat dit vir haar ʼn voorreg is om ʼn ma te wees. “Ek voel ryk met my seuns,” het sy geskryf.
Die sangeres en haar man, Glynn Moolman (32), se eersteling, Graham, is in Februarie 2017 gebore. Glynn het ook ʼn agtjarige seuntjie, Nathan, uit ʼn vorige verhouding. Andriëtte en Glynn is op 13 Junie 2015 getroud.
baie mooi foto’s
Baie geluk Andriette en Glynn, hy is pragtig
Baie geluk met hierdie pragtige seun. Lieflike foto’s.
Hoof foto is besonders.