[Foto’s] Angelina neem voorbladfoto’s op Namibiese spogreservaat

Angelina Jolie op Harper’s Bazaar (Foto: Harper’s Bazaar)

Die Amerikaanse aktrise Angelina Jolie en ʼn paar Namibiese jagluiperds pryk dié maand op die jongste voorblad van die vrouetydskrif Harper’s Bazaar.

Jolie het vandeesmaand ʼn artikel vir dié tydskrif geskryf oor onder meer vroueregte en ʼn verantwoordelikheid teenoor die samelewing én die omgewing ter viering van Harper’s Bazaar se 150ste bestaansjaar.

Die foto’s vir die artikel is op die N/a’an ku sê-natuurreservaat in Namibië geneem. Dié reservaat word besit en bestuur deur die kykNET-aanbieder Marlice van Vuuren en haar man, Rudie, wat gewildheid verwerf het vir die natuurprogram, Groen Namibië.

Die aktrise het al vir ʼn geruime tyd bande met dié land. Jolie en Brad Pitt se dogter, Shiloh, is in Namibië gebore. Die twee was in Junie vanjaar ook in die land vir die opening van die Shiloh-wildreservaat – die N/a’an ku sê-reservaat se olifant-en-renoster-“weeshuis” wat hulle beywer vir die beskerming en bewaring van olifante en renosters wat onder meer onder stropery deurgeloop het.

Volgens Sarie is Jolie en Van Vuuren al vir langer as ʼn dekade vriende nadat hulle mekaar ontmoet het op die stel van die fliek Beyond Borders waaraan Jolie in 2002 gewerk het. Van Vuuren is glo ingespan vir ʼn toneel waar Jolie ʼn aasvoël moes vrylaat.

Jolie is wyd bekend as filantroop en aktivis vir natuurbewaring.

Vir meer inligting en foto’s, besoek Harper’s Bazaar se Facebook-blad.

Angelina Jolie op Harper’s Bazaar (Foto: Harper’s Bazaar)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Hannah ·

Loshande die mooiste vrou…maar wat op dees aarde besiel haar tov die tatoeering?

Gatiepie ·

Ek kan nie verstaan hoe kan mense sulke kaanse waag saam met wilde diere nie , die jag luiperds mag miskien mak wees , maar dis nog steeds n wilde dier en kan sy mind enige tyd verander .

Mornay ·

kom kietssie kietsie

Pragtig die met of die sonder ink merke mooi bly mooi

Denise ·

Hoekom fokus op die tatoos kyk groter en sien die mooi pic!!!!!!

Willie ·

Pragtige wese…ai ai … die tattoos, lyk net so mooi op haar!

Sanet ·

Mooiste aktrise by verre..sy kan n sak dra en nog pragtig lyk

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.