Foto’s: Angelique en Jacques spog met skattige tweeling

Angelique en Jacques op ‘n uitstappie saam met Jacques jr. en die tweeling. (Foto: Instagram/Jacques Potgieter)

Die Afrikaanse aktrise en televisiepersoonlikheid Angelique Gerber en haar man, die rugbyspeler Jacques Potgieter, het onlangs op sosiale media gespog met hul identiese tweelingdogtertjies, Annabella en Olivia.

Die paartjie, wat ook ʼn eenjarige seuntjie het, Jacques jr., het die dogtertjies se gesigte sowat twee weke gelede vir die eerste keer op die voorblad van Huisgenoot bekendgemaak.

Die tweeling is op 1 Februarie gebore.

Gerber het ʼn foto van die twee slapende dogtertjies op Instagram gedeel met die byskrif: “My hartjies.” Potgieter het ook ʼn foto van ʼn gesinsuitstappie gedeel en gesê: “Geseënd.”

Gerber en Potgieter is sedert Augustus 2014 in ʼn verhouding en in Junie 2016 op die Eureka-landgoed buite Durbanville in die Wes-Kaap getroud. Hulle het hulle eersteling, Jacques jr., in November 2016 verwelkom.

Gerber het bekendheid verwerf as die Roemeense boetiekassistent Clara in die gewilde sepie 7de Laan. Sy was ook onlangs in die fliek Dis koue kos, skat te sien en is ʼn voormalige Boer soek ʼn vrou-aanbieder. Sy is ook te sien in haar eie realiteitsreeks op die VIA-kanaal, Angelique en Jr.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.