Foto’s: Babanuus vir sanger, vrou

Pieter Marcato en sy baba, Ilhan. (Foto: Facebook/Pieter Marcato)

Die sanger en liedjieskrywer Pieter Marcato en sy vrou, Karin Smit, het Dinsdag ʼn babaseuntjie verwelkom.

Marcato is deel van die musiekgroep EON, waarvan die Getroud met rugby-akteur Altus Theart die voorsanger is. Die groep wys deesdae gereeld gesig in dié sepie namate Theart se karakter, Fafa Beltrame, sy nuwe musiekloopbaan ontdek.

Marcato het Woensdag die baba se geboorte op sosiale media aangekondig. “Ons is baie opgewonde om die nuwe lid van ons gesin met julle te deel! Sê hello vir Ilhan Smit,” het hy geskryf.

“Karin Smit, jy is ʼn champion my vrou, jy het so goed gedoen well done 48uur in kraam. #ystervrou [sic].”

Die egpaar het ook ʼn dogtertjie, Amila, wat op 3 Oktober 2019 gebore is. Marcato en sy vrou is op 24 Februarie 2018 getroud.

Marcato het in Mei vanjaar sy jongste enkelsnit, “Ek onthou jou”, uitgereik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.