[Foto’s] Bekendes en hul jongspan op eerste skooldag

Heinz en Aletté-Johanni  Winckler by hul seuntjie Lian Theo (Foto: Facebook)

Heinz en Aletté-Johanni Winckler by hul seuntjie Lian Theo (Foto: Facebook)

Die nuwe skooljaar het pas aangebreek en talle huise is op hul kop gedraai om te verseker dat die jongspan gerat, gereed en gepantser is vir dié nuwe skooljaar.

Maroela Media het Woensdag die strate ingevaar om ʼn bietjie by dié nuwelinge van Laerskool Rooihuiskraal en Laerskool Anton van Wouw te kuier.

Dié gewoel om gr. 1’s, én die jongspan in hoër grade, gereed te kry vir skool is egter nie anders in die huise van bekendes nie. Talle bekendes het foto’s van hul eie jongspan gedeel wat weer die nuwe skooljaar aanpak of vir die eerste keer skool toe gaan.

Sommige van dié bekendes, onder wie Chereé Strydom, Rian van Heerden en Simoné Nortman, het ook met heimwee teruggekyk na hulle eerste dae op skool met ʼn paar foto’s wat hulle gedeel het.

“Eerste dag op skool! My hart breek,” het die sanger Kurt Darren op Twitter gesê.

“My hart bars van trots! Baie sterkte met die eerste dag by julle nuwe skool, meisies. Mamma is so trots op die mensies wie julle is,” het Chereé Strydom laat hoor.

Kyk hier na die foto’s van bekendes en hul jongspan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

gerbrandt ·

Wat van al die onbekende ouers se kinders?
Kan hulle ook geplaas word want dit is vir hulle net so belangrik en opwindend?
Maroela laat weet asb?

D. ·

Ek het nie geweet Thabiso van Jacaranda is weer terug skooltoe nie, hy was dan saam my broer in Mareetsane in die 1990’s.

Connie Janse van Rensburg ·

Ek stem waar is die ander minder. bekende ouers se kinders .Hulle ouers is ook belangrik dalk meer suksesvol as bogenoemde.Net nie geneig on altyd op media adverteer nie.

Jakob ·

Ai tog, kan julle mense asseblef rustig raak as jy wat onbekend is saam jou kind geplaas is, sou net jy op die storie gaan klik ek stel nie belang in JOU foto’s nie as dit vir jou só belangrik is om saam jou kind gesien te word gaan sit dit op jou Facebook profiel waar jou vriende en familie daarop kan gaan klik. Hou op so jaloers en krities wees. Dankie MM!

Stephan ·

Moet wees anders sou jy nie op die storie ingegaan het nie, as jy nie dink dit is nuuswaardig nie, gaan lees een van die ander stories???

Jan ·

EK IS OOK NET BLY E-NUUS HET VANAAND OP TV DIE AFRIKAANSE SKOLE GEWYS WAAR DIE KINDERS HUL Sê IN AFRIKAANS GESê HET.

TOEVALLIG WAS DIT WIT KINDERS.

MOET EK VIR FREEK DANKIE Sê OF OMDAT EK BAIE GEKLA HET!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.