Met die nuwe skooljaar wat pas aangebreek het, het talle bekendes van dié geleentheid gebruik gemaak om foto’s van hul kroos se eerste dag terug by die skool te deel.
Bekendes soos Jak de Priester, Minki van der Westhuizen en Chereé Strydom het volgens inskrywings op sosiale media Woensdagoggend met ʼn swaar hart hul jongspan by die skool afgelaai.
De Priester sê op Instagram hy was skoon nostalgies toe Mija, sy dogtertjie, met haar eerste skooldag begin het. “Vanoggend is die groot dag. Ek kyk na Mija wat met soveel selfvertroue en opgewondenheid haar skoollewe begin – tassie gepak; gereed! Ek dink weer aan my eerste dag 35 jaar gelede, ek onthou dit nog goed. Die geur van my ma se roostuin in Parys, die skielike angs toe ons die skoolgronde binnestap, die onsekerheid, maar ook die selfversekerdheid. En nou staan ons hier – 35 jaar later – in net ʼn oogwink.”
Minki van der Westhuizen se dogtertjie, Katerien, gaan vanjaar ook skool toe. “Katerien-lief se eerste dag as Eekhorinkie by Laerskool Stellenbosch – [daar heers] groot opgewondenheid [en ons is] so trots.”
Michelle Gildenhuys, vrou van die sanger en televisiepersoonlikheid Emo Adams, sê dié eerste skooldag gaan een wees wat die jongspan vir altyd onthou. “Aan my seuns se eerste onderwyser: Ek het vir julle ʼn skat gegee. My oudste, my wysste, my hardkoppigste en my wild card. Die een wat my ʼn ma gemaak het. Ek gee vir julle ʼn gretige leerder en ʼn gebore leier. Hy pas nie in ʼn boksie nie want hy is nie gemaak om daarin te pas nie. Ek wil hê jy moet weet ek ondersteun jou onderrig en ek heg waarde aan jou. Hy gaan jou altyd onthou en ons sal jou altyd waardeer. My James: Die pad was nie altyd maklik nie, maar jy het my die betekenis van innerlike krag geleer,” het sy laat hoor.
“Ek kan amper nie glo Tally het met graad een begin vandag nie,” het Chereé Strydom op Instagram geskryf. “Ek kon skaars die trane terughou toe ek haar koebaai gesoen het. Sterkte met die jaar, my gypsy-meisie. Ons is hier om jou daardeur te help en om seker te maak jy gee altyd jou beste. Ons is trots op die jong dame wat jy is.”
Ander bekendes soos Marisa Drummond en Heinz Winckler het ook met hul kinders se skoolfoto’s gespog.
Kyk hier na die foto’s van die bekendes en hul jongspan:
- Minki van der Westhuizen en haar dogtertjie, Elise (Foto: Instagram)
- Jak de Priester en Mija (Foto: Instagram)
- James, Emo Adams en Michelle Gildenhuys se oudste seun (Foto: Instagram)
- James, Emo Adams en Michelle Gildenhuys se oudste seun (Foto: Instagram)
- Annabel, die aktrise Marisa Drummond se dogtertjie (Foto: Instagram)
- Heinz Winckler en sy seuns (Foto: Instagram)
- Die sangeres Chereé Strydom se dogtertjie (Foto: Instagram)
- Zoë Brown en Katlego Maboe van Expresso-faam (Foto: Facebook)
- Minki, Katerien en haar man, Ernst Joubert (Foto: Instagram)
Foto’s wat bekendes verlede jaar gedeel het:
- Die skoonheid Cindy Nell het ook ou skoolfoto’s gedeel. Foto: Twitter via Cindy Nell
- Die skoonheid Minki van der Westhuizen op haar eerste skooldag in 1991. Foto: Twitter via Minki van der Westhuizen
- Wynand Strydom in Graad R. Foto: Twitter via Chereé Strydom
- Chereé Strydom in graad 1. Foto: Twitter via Chereé Strydom
- Die sanger Willem Botha het ook sy graad 1 foto gedeel. Foto: Instagram via Willem Botha
- Simoné Nortmann (Foto: Facebook)
- Simoné Nortmann (Foto: Facebook)
- Diane Broodryk van JacarandaFM (Foto: Facebook)
- Bryan Habana (Foto: Instagram)
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
1 Kommentaar
Hoekom het Chereé Strydom se pragtige dogertjie nie skoene aan nie ?