Foto’s: Charlize se skattige bondeltjie

Charlize Berg saam met klein Aleiah Rose. (Foto: Verskaf)

Charlize Berg saam met klein Aleiah Rose. (Foto: Verskaf)

Die Afrikaanse blondekop-sangeres Charlize Berg en haar man, Warren Linden, het Dinsdag ʼn pienk bababondeltjie ryker geword.

Ilse van der Berg, Charlize se ma en bestuurder, het die nuus aan Maroela Media bevestig en gesê die familie is “in die wolke”. Die dogtertjie heet Aleiah Rose en is in ʼn hospitaal in Centurion met behulp van ʼn keisersnit gebore. Sy is 49 cm lank en weeg 2,94 kg.

“Ons was die hele dag daar en alles het baie goed verloop. Mamma en baba is albei baie gesond en sterk. Ons is almal regtig verskriklik bly,” het sy gesê.

Die sangeres het in November verlede jaar op sosiale media aangekondig dat sy swanger is. “Ons is so opgewonde om hierdie wonderlike nuus met almal te deel! Ek en Warren verwag ons eerste wonderwerkie. Verby opgewonde en onbeskryflik dankbaar. Alle eer aan God! Jakobus 1:17: Elke goeie gawe en elke volmaakte geskenk kom van Bo,” het sy op haar Instagram-profiel gesê.

Berg beplan ʼn kort werkbreuk om na die nuwe lyfie in die huis om te sien, maar aanhangers sal haar teen Julie weer op verhoë landwyd kan sien.

Berg en Linden is in April verlede jaar getroud.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.