Foto’s: Eerste Spoegwolf-baba gebore

Moskou Mpumelelo du Toit (Foto: Verskaf)

Die musiekgroep Spoegwolf het nog ʼn bendelid bygekry nadat Moskou du Toit se babaseuntjie onlangs sy opwagting gemaak het.

Spoegwolf se tromspeler, Moskou, en sy vrou, Bianca, het op 22 Augustus ʼn babaseuntjie ryker geword. Hy het 2,7 kg by geboorte geweeg en hulle het hom Moskou Mpumelelo du Toit genoem.

Die seuntjie is na sy oupagrootjies vernoem. Moskou het sy naam van sy oupa af gekry, en wou dit graag weer na sy seun oordra. Mpumelelo is ook Bianca se oupa se naam.

Moskou sê daar is nie woorde om te beskryf hoe dit voel om eindelik sy seuntjie te kan vashou nie.

“As ek aan hom dink, is daar nie woorde om te beskryf hoeveel genot hy vir ons gee nie. Hierdie nuwe lewe is die beste ding wat bestaan,” sê hy.

Moskou Mpumelelo du Toit (Foto: Verskaf)

Hy vertel dat alles goed en vinnig verloop het met die geboorte en dat Bianca ook gesond en by die huis is.

“Hy is die rustigste baba ooit. Hy huil amper glad nie. Dis snaaks, mense praat altyd van hoe die baba die ouers wakker maak, maar ons maak eintlik vir hom wakker,” skerts hy.

Moskou en Bianca pas goed aan by die nuwe roetine en vertel dat hulle gisteraand vir die eerste keer vier uur lank kon slaap, waaroor hulle baie bly is.

Moskou Mpumelelo du Toit (Foto: Verskaf)

Moskou sê hy is opgewonde om alles van die lewe aan sy seun te wys.

“Hy het sterk hande en groot voete. Hy kan ook klaar sy nek oplig. So, hy gaan klomp dinge kan doen – hy is sterk. Hy gaan lekker musiek kan maak en skaak speel. Enigiets wat hy wil doen, wil ek vir hom gee. Ek wil vir hom die hele wêreld gee,” sê hy.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

B-Man ·

Het al talle kere in my lewe gewens dat my ouers my eerder ook so ‘n doopnaam gegee het. Miskien sou ek dan Craven-week kon speel of selfs ‘n studiebeurs losslaan.

Train ·

Baie geluk, pragtige babatjie. Ons het wel besluit om met ons twee seuns die familie tradisie te stop. Ons wou self mooi moderne name kies. Nie straf met 3 name van jare toet nie. Maar gelukkig is dit elkeen se eie keuse om te maak soos hy wil nè.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.