Foto’s: ‘Game of Thrones’-paartjie haak af

Rose Leslie en Kit Harington van Game of Thrones-faam is in Skotland getroud. (Foto: Facebook/Kit Harington)

Rose Leslie en Kit Harington van Game of Thrones-faam is in Skotland getroud. (Foto: Facebook/Kit Harington)

Kit Harington (31), die hartebreker-akteur wat bekend is vir sy rol as Jon Snow in die uiters gewilde televisiereeks Game of Thrones, is Saterdag in Skotland met Rose Leslie getroud.

Leslie (31) het die rol van Ygritte, die vrou wat Snow se hart gesteel het, in dié dramareeks vertolk.

Die paartjie, wat in September verlede jaar hul verlowing aangekondig het, het Saterdagmiddag by die Rayne-kerk, geleë naby die 900 jaar oue Wardhill-kasteel in die noordooste van Skotland, trou aan mekaar beloof. Leslie se familie is die eienaars van dié kasteel.

Harington het ʼn pak gedra terwyl Leslie ʼn vloeiende ivoorkleurige skepping gedra het.

ʼn Rits van Harington en Leslie se Game of Thrones-medesterre het die spoggeleentheid bygewoon. Peter Dinklage (Tyrion Lannister), Maisie Williams (Arya Stark), Sophie Turner (Sansa Stark) en Emilia Clarke (Daenerys Targaryen) was onder die sterre wat die troue bygewoon het.

Die pasgetroude paartjie is met roosblare as konfetti bestrooi en het met ʼn Land Rover waarop die woorde “Just Married” aangebring is van die kerk na die kasteel se gronde gery.

Harington en Leslie het in 2012 ontmoet op die stel van die HBO-fantasiereeks. Leslie het in 2014 die reeks verlaat en is tans in die Amerikaanse dramareeks The Good Fight te sien.

Leslie se pa, Sebastian, het Saterdag gesê hy is “uit sy vel” oor die troue. “Dit was ʼn absolute wonderlike dag vir ons,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Jakalas ·

Baie bly vir hulle. So veel vrouens se harte is seker bitter seer. Een vrou by my werk kan ek onthou het altyd gesê sy is alklaar aan hom belowe XD

mooi so ·

dis nou die bester voorbeeld van “vat hou werk huistoe”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.