Foto’s: George Clooney in ongeluk in Italië

Clooney in Junie vanjaar. (Foto: Willy Sanjuan/Invision/AP)

Clooney in Junie vanjaar. (Foto: Willy Sanjuan/Invision/AP)

Die Hollywood-akteur George Clooney het Dinsdag ligte beserings opgedoen op die eiland Sardinië in Italië toe ʼn motoris skielik voor hom ingedraai en hom van sy bromponie af gery het.

Beeldmateriaal van die ongeluk wys hoe Clooney oor die voorkant van die bromponie gegooi word en dan etlike meters deur die lug trek voordat hy op die teer te lande kom, waar die motoris en ooggetuies hom te hulp gesnel het.

Stan Rosenfield, Clooney se woordvoerder, het in ʼn e-pos aan Accociated Press gesê die akteur sterk tans tuis aan en sal gou weer op die been wees.

Die koerant Corriere della Sera het Dinsdag die beeldmateriaal bekom. Die video wys hoe ʼn blou Mercedes in aankomende verkeer inbeweeg, klaarblyklik om by ʼn residensiële woongebied naby Olbia in te draai. Clooney se bromponie word raakgery terwyl ʼn ander bromponiebestuurder langs hom daarin slaag om die ongeluk te vermy.

Die John Paul II-hospitaal in Olbia het bevestig dat Clooney daar behandel en na ʼn paar ure ontslaan is.

Plaaslike mediaverteenwoordigers het by die hospitaal saamgedrom toe die Oscar-bekroonde akteur en regisseur in ʼn paneelwa die hospitaal verlaat het.

Die koerant La Nuova Sardegna het berig die 57-jarige Clooney was op pad na die stel van die minireeks Catch 22, wat gebaseer is op die Tweede Wêreldoorlog-roman deur Joseph Heller.

Clooney is ʼn gereelde besoeker aan Italië. Hy het ʼn huis op Lake Como en is in 2014 in Venesië met die menseregteadvokaat Amal Clooney getroud. Die egpaar het ʼn eenjarige tweeling, Ella en Alexander.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

JMC ·

Hel, ek het ‘n bakkie kop-aan-kop getref met my motorfiets en was twee maande later weer op die been, maar dit het nooit die nuus gehaal nie. Maar nou ja, wat kan mens verwag as Clooney die skepper se geskenk aan vrouens is en ek is die troosprys.

Afrikaanse Knaap ·

Ek is bly ek was nie die man wat vir George af gery het nie…

Denise ·

Ek bekommer my liewer oor al die moorde , aanvalle op ons mense hy sit in sy paleis en is min gepla oor ons mense !!!

Lourance ·

En hoekom moet hy homself bekommer oor ons? Dan ook Iraq, Iran, Libya, Siria en en en, bekommer jy jouself oor Amerikaners? of Arginteine? of enige iemand anders?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.