Foto’s: ‘Glam Guru’ haak af

Julius en Hannon (Foto: Verskaf)

“Die afgelope tyd is daar baie mense na aan ons wat oorlede is. Dit het ons ʼn bietjie laat wakker skrik, en ons laat besef dat ons wil trou.”

Só het Julius Swart gesê nadat hy en sy lewensmaat, die bekende skoonheidsghoeroe, Hannon Bothma, oftewel die “Glam Guru”, Donderdagoggend tydens ʼn intieme plegtigheid by hul spoghuis in Sandhurst trou aan mekaar beloof het.

Swart het aan Maroela Media gesê ʼn sameloop van omstandighede het daartoe gelei dat hulle ná 27 jaar as ʼn paartjie, uiteindelik besluit het om af te haak.

Julius se ma is op 17 September dood en kort daarna is twee van die paartjie se vriende ook dood. ʼn Tannie van Julius is ook daarna dood.

“Ons het ook onlangs met vriende van ons gesels wat ook getroud is, en hulle het ons vertel van ʼn paartjie wat vir jare saam was en saam in ʼn besigheid was, maar toe die man doodgaan, het die vrou met verskriklik baie boedelbelasting gesit. Dit het ons laat wakker skrik,” het Julius gesê.

“Dit was maar net die natuurlike volgende stap vir ons – daar was nie ʼn verlowing nie. Ons het verlede week ʼn prokureur gaan sien en ons het gedink dis al, maar toe sê hy nee, ons moet ʼn huweliksbevestiging doen, en van daar die klein seremonie.”

Swart het vertel dat hulle nie ʼn groot ophef van die geleentheid wou maak nie.

Julius, Hannon en hul gaste (Foto: Verskaf)

“Ons wou nie ʼn sirkus daarvan maak nie, ons wou dit privaat hou. Dit was intiem so tussen my en Hannon. Die troue was by ons huis op die stoep. Ons het nie gaste genooi nie, maar ons moes twee getuies hê, so twee van ons goeie vriende was ook daar. Ons twee huiswerkers, Lenah en Martha, was ons strooimeisies.”

“Die oggend van die troue was ek gimnasium toe, en daar het ek vir mense vertel van die troue wat om 11:00 sou plaasvind. Ses van ons vriende het toe ook by die huis opgedaag. Hulle het besluit hulle kanselleer hul planne vir die dag, want die geleentheid is vir hulle belangrik.”

Julius het gesê hulle het nie nuwe pakke vir die geleentheid laat maak nie, maar mekaar se gunsteling- bestaande pakke aangetrek.

“Die blou pak is Hannon se gunsteling-pak van my en hy wil altyd hê ek moet dit aantrek. Hy het aangedring daarop dat ek dit dra. Ek is weer mal oor daardie wit pak van hom, so hy het dit aangetrek,” het Swart gesê.

Hannon en Julius het nie op die oomblik wittebroodplanne nie. “Nee, daar is nie nou tyd nie. Ons het soveel projekte wat aan die gang is. Hannon is besig met die produksie van die volgende seisoen van Glam Guru, en daar is bemarkingveldtogte van nuwe Hannon-produkte waarmee ek besig is,” het Julius gesê.

Die egpaar beoog om dalk in Januarie ʼn partytjie tuis te hou om die geleentheid te vier.

Julius het vertel oor die eerste keer, 27 jaar gelede, toe hulle mekaar ontmoet het. “Hannon was ʼn haarkapper in Kaapstad in die Mount Nelson Hotel, en ek het in die bank gewerk en een middag my hare daar gesny. Ek het hom die middag daar ontmoet en daardie selfde aand het hy by my ingetrek. En hier is ons steeds, 27 jaar later, so gelukkig soos altyd,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Linda ·

Hannon en Julius, baie geluk…uiteindelik !!! Julle is n pragtige paartjie. Mag jul tot die einde van jul lewens gelukkig wees !!!!

Lucy ·

Ek en my oorlede suster het die voorreg gehad om in 2007 saam Julian en Hannon te wees in een van sy eposides. Die twee vriendelikste, aangenaamste mense wat ek in jare ontmoet het, hulle behandel mens met die grootste respek en het die greatste sin vir humor!

Baie geluk julle twee, mag julle lewe saam met geluk en liefde besaai wees!

Linda ·

Om 27 jaar saam te wees en basies met niks te begin nie tot waar julle vandag is, is fenominaal fantasties !! Ek is so bly julle is nou een in n huwelik !! Vir diegene wat vingers wys na die mes, ek is n vreeslike mooi vrou, te danke aan die mes. In hierdie lewe moet n mens mooi wees, mooi hare he en altyd mooi lyk, dit is n groot motivering. Ek beveel dit aan vir almal !!!

lolla ·

Julian en Hannon….baie geluk en mooi wense vir julle huwelik….

Almal verdien geluk ·

Linda jy klink soos ‘n pragtige mense binne en buite. Goeie wense vir jou. Ook goeie wense vir Hannon en Julius. Mag julle baie gelukkig wees.

Linda ·

Dankie..Almal verdien geluk..dit word opreg waardeer !! Mense moet begin te besef dat daar nie lelike mense is nie, dit hang van jouself af of jy mooi wil wees of nie. Nie almal is volmaak nie, daarom het ons, ons na die mes gewend sodat ons volmaak kan lyk en voel xxx

Wilma Anderson ·

Baie geluk alles wat mooi is en wees altyd soos wat julle is mooi en tegemoetkomend

liefie ·

Geluk aan meneer en meneer. Prestasies van om op trots te wees. Moet nooit kwaad gaan slaap nie, veral nie vir mekaar nie xx

Anti dweper ·

Veels geluk aan n pragtige paartjie. Liefde is die grootste gebod.

Benlor ·

Julle is stunning. Baie geluk en als wat mooi is op jul lewenspad ⚘⚘

Absoluut n Hannon fan ·

Hannon is een van di hardwerkendste mans. Wat ek ken v die wat so baie se ht hom al ontmoet en hy is plat is die aarde soveel respek sommiges kan paar tips by hom vat absoluut n Hannon fan. Hierdie man het gesit en wag op aalmoese nie hy hwt gewerk vir dit wat hy het Geluk Julle alles wat mooi is vir die pad vorentoe

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.