[Foto’s] Jacques en Angelique koer in intieme foto’s

Jacques, Angelique en Jacques jr. (Foto: Junita Stroh-fotografie)

Aanhangers van die Afrikaanse aktrise Angelique Gerber en haar rugbyspeler-man, Jacques Potgieter, is dol oor foto’s van ʼn intieme gesinsfotosessie wat dié egpaar op sosiale media gedeel het.

Gerber en haar man verwag tweelingdogtertjies. Volgens ʼn onlangse inskrywing op sosiale media is sy 23 weke swanger.

Die egpaar spog in die foto’s met hul eersteling, Jacques jr., wat in November verlede jaar gebore is.

“[Ek is] so dankbaar vir hierdie twee mense in my lewe,” het Potgieter op Instagram geskryf. “Angelique – jy is regtig die beste en natuurlik die mooiste persoon wat ek ken. Dankie dat jy so ʼn goeie mamma en vrou is. Ek het soveel respek vir jou.”

Gerber het ook behoorlik op sosiale media gekoer. “Jacques’ie – jy is so geseën, my seuntjie, want jy het regtig ʼn superhero vir ʼn pappa! Hy gee jou alles wat hy het [en] jy word seker 1 000 keer per dag gesoen. Jy hoor die woorde ‘pappa is lief vir jou’ ook seker 1 000 keer per dag,” het sy geskryf.

“Julle foto’s is verskriklik mooi. Ek wens julle alle geluk toe. Julle is geseënd en ʼn perfekte gesin. Wees altyd so ʼn mooi voorbeeld vir ander,” het Carla Scholtz op Gerber se foto’s laat hoor. “Dit is baie kosbaar,” het Hattingh Matthysen gesê.

Die aktrise het onlangs ook sonarfoto’s van die tweeling gedeel en bevestig dat die dogtertjies gesond is.

Die egpaar is sedert Augustus 2014 in ʼn verhouding en het in Junie verlede jaar op die Eureka-landgoed buite Durbanville in die Wes-Kaap getrou.

Die foto’s is geneem deur Junita Stroh-fotografie. Vir meer inligting, besoek Junita Stroh-fotografie se Facebook-blad of webwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Ai ·

Die mensdom het geen skaamte meer nie ..hoekom moet n vrou haar liggaam so vir ander mans ontbloot en anders om..die liggaam is n tempel van God .dis iets wat tussen n man en vrou privaat en persoonlik moet wees en spesiaal ..hulle vat die mooi uit die huwelik uit!

ai NEE ·

waaroor kla jy???
wat wys hulle wat so n skaampte moet wees??
haar swanger magie?
nee man, hou op…
dit is STUNNING fotos!!!!

·

Jong, as julle almal so kla- bly ver weg van die strant die Desember. Kyk maar weer so paar keer om seker te maak dit is so naak! Baie mooi foto’s. Ai goeiste tog!

Ek is Sam ·

Is dit nou nie self-verering om ‘intieme’ foto’s so publiek te maak nie? Ai, ek sou skaamkry as my baas en my skoonma en my pa en my kinders só ‘n beeld van my moet hê. Kuisheid is maar net nog ‘n waarde wat outyds geword het. Gesinsfoto’s in die natuur geneem met mooi kleredrag is soveel meer smaaklik.

Anoniem ·

Stem saam, dis “cringe worthy ” en vereer nie vir God nie en bevorder ook nie Sy koninkryk nie. Dis nader aan self verheerliking

JK ·

Hoekom word gewone families wat nog waardes het en nie hulle liggaam aan die land wil vertoon nie, met opregte familie liefde en respek vir mekaar ook nie in die media geplaas nie?
Hoekom altyd net die akteurs?

Marlene ·

Dis puik fotos, daars niks verkeerd met dit nie,

Mense is net Jaloers, ” if you have got it flaunt it” ………….. en alles is tog immers toe. ek sien niks vout met dit nie .

Mense is net jaloers want hulle lyk so goed, veral sy, en dit met n 2 ling, dit wil gedoen wees, nie almal hoef vet en lelik te raak as hul swanger is nie,

Meeste vrouens gebruik inelgeval net swangerskap as n verskoning om nie meer na hul self te kyk nie en hul self te oor eet, dan vra hulle hkm kyk hul huweliks maat rond, ek dink persoonlik hulle moet hul self daardie vraag vra.

Pas jou self op en kyk na jou self, dis nie te se as jy swanger is, hoef jy nie meer na jou self te kyk nie. dis die grootste VOUT wat vrouens maak!!!!!

Ronel ·

Al die suurpruime hou tog op neul!
Wees bly daar is ‘n pragtige gesin met baie liefde wat dit uitstraal en met die mensdom wil deel.
Die liefde in die gesin kan ek in hul oë sien. Hou so tot die dood jul skei!
Puik fotografie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.