Foto’s: Lianie en haar Barry trou

Barry en Lianie (Foto: Geneviève Fundaro Photography)

Die Afrikaanse sangeres Lianie May het onlangs ná ʼn tien jaar lange verlowing aan Barry Lubbe uiteindelik die paadjie na die kansel gestap.

Jenny Griesel, die sangeres se agent, het dié nuus aan Maroela Media bevestig.

Die egpaar het getrou by die Kleinkaap Boutique Hotel in Pretoria.

Lianie het vroeër vanjaar gesê sy en Barry het ná tien jaar op ʼn “sperdatum” vir die troue besluit en dat geen struikelblokke in hul paadjie na die kansel sal staan nie.

Dié paadjie na die kansel is verfilm vir die werklikheidsreeks Met my hele hart – ʼn Via-produksie wat ʼn persoonlike blik gebied het op die sangeres én die vervaardiging van haar jongste album. Die reeks het afgeskop op haar verjaarsdag waar Barry vir Lianie vra of sy ná tien jaar uiteindelik met hom sal trou.

Meer inligting oor hul troue is nie bekend nie.

Die foto’s word op Maroela Media gepubliseer met vergunning van Geneviève Fundaro Photography. Fundaro is een van Suid-Afrika se gerekende kunsfotograwe wat spesialiseer in trou-, portret- en familiefotografie. Vir meer inligting, besoek Geneviève Fundaro Photography se webwerf of Facebook-blad of die hutsmerk #bestphotographerever.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Chris Ws ·

Ai-ja-jai sy lyk verruklik mooi!Baie geluk julle twee.Mag julle ‘n geluk besaaide huwelik saam deel.

Theresa ·

Sprokie-mooi. Hoop die huweliksband bring baie seën en gelukkigheid.

ALTA VAN ZYL ·

Barry en Lianie het ‘n volledige troue geskenk aan ‘n behoeftige egpaar wat nog nooit die finansies gehad het om te trou nie. By dieselfde venue, blomme, troukoek, rok, onthaal ens ens. Die episode is ook op VIA gebeeldsend. Dit was hoendervleis mooi en hartroerend. Welgedaan, julle tweetjies….dit was ‘n wonderlike gebaar van welwillendheid wat verdien om geprys te word!!
Net jammer die media steek hierdie goeie nuus so weg! Dit is wat ons wil hoor!

Uvonka ·

Ek het lekker getjank toe ek die episode gekyk het, jissie maar dit was baie mooi. Dankie aan Lianie en Barry vir julle onbaatsugtige skenkings sodat 2 ander ook ‘n wonderlike troue kon he! Lianie jy het super pragtig gelyk op jou troudag, jy het geen airs en graces nie, wat jy sien is wat jy kry! Julle sal ryklik geseen word.

kollie ·

Jy bedoel hulle het nie geld vir die party nie. Mens kan mos verniet trou by die landdroskantoor of binnelandse sake.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.