[Foto’s] ‘Liefde onbeskryflik’, sê akteurspaar oor eersteling

Altus Theart en Zetske van Pletzen saam met klein Alexander (Foto: Of The Earth Fotografie/Salomien Smal)

Altus Theart en Zetske van Pletzen saam met klein Alexander (Foto: Of The Earth Fotografie/Salomien Smal)

Die Afrikaanse aktrise Zetske van Pletzen het die afgelope week in ʼn ope brief op Facebook oor haar en haar man, die akteur Altus Theart, se ervaring gepraat ná die geboorte van hul eersteling laat-September.

Die egpaar wat hul swangerskap in April vanjaar aangekondig het, het geskryf die liefde wat hulle ervaar sedert hul babaseuntjie gebore is, is onbeskryflik.

“Ek was nog nooit in my lewe so moeg nie! Nou verstaan ek hoekom ʼn gebrek aan slaap as ʼn vorm van mishandeling toegepas word,” het sy geskerts.

“Ek weet meeste van die tyd nie watter dag dit is nie en is soms (oukei, méér as net soms) tot laatmiddag in my pajamas. Maar ek sal dit vir niks verruil nie. Wanneer mense sê niks kan jou voorberei op ʼn baba nie, is hulle reg!”

Altus is veral bekend vir sy rol as Fafa in die sepie Getroud met rugby en as Daniël Malherbe in die rolprent Modder en bloed, terwyl Zetske roem verwerf het vir haar rol in 7de Laan. Sy het ook onder meer die klerereeks Halo vir swanger vroue ontwerp.

“Die eerste maand was bloed, sweet en trane. Ek is in awe van wat die menslike liggaam kan doen. Enigiemand wat al die wonderwerk van nuwe lewe eerstehands beleef het, kan nie anders as om in God te glo nie.

“Die feit dat hierdie volmaakte mensie net ʼn paar maande gelede nog ʼn klein peanut was, gaan my verstand te bowe. ʼn Jaar terug was hy nog net ʼn gedagte,” het sy geskryf.

Die aktrise het ook gesê hulle sien uit na die volgende maand en die res van sy lewe. “En om hopelik om vir meer as twee ure op ʼn slag te kan slaap!”

Lees die volledige inskrywing hier.

Besoek ook Of The Earth Fotografie se Facebook-blad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

mc ·

Ag hy is pragtig julle. Baie baie geluk. Geniet elke oomblik. Hulle raak baie gou groot.

Johann ·

Pragtig, is hierdie nou nie ‘n bewys van waarom God die mens as man en vrou geskape het nie?

Joey Kruger ·

Baie sèën op hierdie pragtige bondeltjie lewe. Julle is n oulike gesin en as jul hom in di weë van God grootmaak kan dit ni anders wees as n sukses verhaal nie. Geniet elke oomblik van hierdie ontdekking van mekaar.

Marinda ·

Baie geluk met julle kleinding Hy is pragtig Geniet hom hulle word baie gou groot! Ek weet julle het hom klaar so lief soos die lewe self. Julle begeerte is om vir hom hope liefde te gee en goed op te voed , lee om wyse keuses in die lewe te leer maak, en finansieel so goed moontlik vir hom te sorg. Julle sal soos tiere veg om gevaar van hom weg te hou. Julle sal hom elke keer vergewe, en altyd daar wees vir hom as hy verkeerde besluite geneem het en na jou toe draai vir hulp, raad en bystand. Selfs al moet jy jouself tekort kan jy jou kind nie verstoot of verwerp nie. Jy sal self stukkend en ongelukkig wees as jou kind iets seers in die lewe moet verwerk. Jou hart sal meer breek wees as sy eie in die omstandighede…… Iemand het eenkeer gesê: “‘n ouer is die gevangene van die liefde vir sy kind” ‘n Ouer kan sy liefde vir sy kind nie stuit nie. Dit is soos dit is. Die dag as jy jou kind vashou en jou groot liefde vir hom ervaar, kry jy ‘n klein-klein begrippie vorm van die liefde wat God in sy hart vir ons mense het.

Ansie Geldenhuys ·

Baie geluk met jul eersteling, pragtige mense! Offer op, gee, wees lief, die lewe kan kort wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.