Foto’s: Mathys Roets is verloof

Mathys Roets en Jané van Litsenborgh. (Foto: Facebook)

Mathys Roets en Jané van Litsenborgh. (Foto: Facebook)

Die immergewilde Afrikaanse sanger Mathys Roets het Maandag verloof geraak aan sy jare lange vriendin, Jané van Litsenborgh.

“En toe sê Jané ja!” het die sanger opgewonde op Facebook aangekondig.

Roets se geliefde Jack Russell-hondjie, Asterix, was ook deel van die groot oomblik. “Asterix was die getuie! Verloof met ʼn view naby Memel op die plaas. Kyk hoe mooi!” het hy in sy inskrywing gekoer.

Roets het vroeër aan Maroela Media vertel dit gaan goed met hom en Van Litsenborgh. “Dis wonderlik om saam met iemand te wees wat my ondersteun en my nie met handskoene hanteer nie, maar tog so baie vir my doen. Sy laat my wees, ek laat haar wees, en saam ís ons net,” het hy vertel.

Roets is sedert 2009 aan ʼn rolstoel gekluister nadat hy in ʼn grusame motorfietsongeluk betrokke was op pad na die Klein Karoo Nasionale Kunstefees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Luister ·

Veels geluk aan julle twee. Alle voorspoed en iefde vir jul toekoms saam!

cb ·

Dit is die begin van saam wees, geloof hoop en liefde spesiaal met my groot liefde vir j/k Asterix, God bless xx

Valerie ·

So bly vir albei. Ware liefde ken geen grense, absoluut geen.

izette ·

Baie geluk aan julle 3……beste wense en sonskyndae wens ek julle toe…..

Helena ·

Net die allermooiste en allerbeste wense aan julle vir ‘n mooi en voorspoedige toekoms, baie geluk!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.