Foto’s: Minki spog met haar klein Elsa

Minki en haar dogtertjies (Foto: Instagram)

Die televisie-aanbieder en model Minki van der Westhuizen kuier nou wel nié vanjaar in duisende kykers se sitkamers as die aanbieder van die kykNET-werklikheidsreeks Boer soek ʼn vrou nie, maar sy sal haar nuwe rol, dié van ma van drie klein dogtertjies, vir níks in die wêreld verruil nie.

Minki vertel Donderdag aan Maroela Media sy en haar oudrugbyspeler-man, Ernst Joubert, voel soos die gelukkigste egpaar ter wêreld ná die toevoeging van hul jongste klein bondeltjie liefde, Elsa, wat verlede week maar twee maande oud geword het.

“Elsa bederf ons verskriklik baie,” vertel sy. “Sy is ongelooflik soet. Ek het in die laaste vyf jaar nog nie deurgeslaap nie, maar dis omdat klein Katerien (4) en Elize (3) [Elsa se ouer sussies] nog elke aand by ons in die bed kom inkruip. So ons tel hulle net vinnig in die bed in en slaap dan verder, maar klein Elsa is die soetste baba – dis nie oor haar dat ons saans wakker word nie.”

Pa Ernst en baba Elsa (Foto: Instagram)

Katerien en Elize is “reeds dolverlief” op hulle babasussie, vertel die skoonheid. “Hulle wou nog altyd nog ʼn sussie hê, en nou het ons vir Elsa. Katerien en Elize is absoluut mal oor haar; hulle soen en druk haar op. Dis te dierbaar om te sien hoe die tweetjies reeds klein moedertjies is.”

Pa Ernst sal sy storie goed moet ken aangesien hy nou in die minderheid is – maar ook dít is in die haak aangesien Joubert behoorlik met sy kleinspan op sosiale media koer. “Dis baie harde werk om ʼn dogtertjie-pappa te wees. Ons is so mal oor jou, Pappa Errie,” het Minki voorheen op sosiale media gesê.

Minki, wat na haar dogtertjie as ‘Elsa-engeltjie’ verwys, sê in haar huis is dit nou ʼn “dogtertjiefees”. Klein Elsa is na haar ouma, Elsa (86), vernoem. Elsa is Minki se pa, Ben, se ma.

Minki sê sy sien uit na ʼn wonderlike toekoms in die televisiebedryf, maar dat sy vir eers haar kleinspan geniet. “Dis vir my wonderlik om tyd saam met hulle deur te bring. In dié stadium is daar nie werklik wesenlike planne nie, maar ek weet die toekoms hou groot dinge in.”

Minki is steeds as veldaanbieder in kykNET se joernaalprogram Kwêla te sien. Kwêla is elke Sondag om 20:00 te sien op kykNET, DStv-kanaal 144.

Baba Elsa (Foto: Instagram)

Klein Elsa saam met haar ouer sussie (Foto: Instagram)

Baba Elsa (Foto: Instagram)

Minki en baba Elsa (Foto: Instagram)

Minki en haar dogtertjies (Foto: Instagram)

Ouma Elsa saam met haar naamgenoot, baba Elsa (Foto: Instagram)

Baba Elsa (Foto: Instagram)

Minki en baba Elsa (Foto: Instagram)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

So pragtig ·

Die kleinding is so pragtig en dit is soooo moooi om te sien julle is nog net so opgewonde met haar soos met die 1ste 2. Elke ou mensie is mos uniek en spesiaal op haar eie manier en na baba 1 se skok en werk is mens rustiger met die res, maar hul is nogsteeds net so pragtig en belangrik.

Stella ·

Sjoe ek huil sommer so mooi is julle. Baie liefde en voorspoed.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.