Foto’s: Prins Louis vier tweede verjaardag

Prins Louis (Foto: Kensington Royal via Insstagram)

Prins William en Catherine, die hertogin van Cambridge, het pas nuwe foto’s van hul jongste, prins Louis, op sosiale media gedeel ter viering van sy tweede verjaardag vandag.

In die foto’s sien ʼn mens ʼn skattige prins Louis, met ʼn wit-en-blou geruite knopieshemp aan, terwyl hy met verf speel en vrolik na die kamera kyk. In een van die foto’s kan ʼn mens sien hoe hy die verf in sy gesig smeer.

Die hertog en hertogin van Cambridge het by die foto’s geskryf dat die foto’s vandeesmaand geneem is en dat Catherine dit self geneem het.

Die koninklikes hou oor die algemeen hul kinders en hul gesinslewe privaat, maar elke nou en dan word foto’s van die skattige twee prinsies en prinsessie op sosiale media gedeel.

William, Catherine, George, Charlotte en Louis is tydens die afsonderingstydperk in hul plattelandse woning, Anmer Hall, in Norfolk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.