Foto’s: Prins Louis word een

Prins Louis word een (Foto: kensingtonroyal/Instagram)

Prins William en Kate, die hertog en hertogin van Cambridge, het nuwe foto’s van hul jongste kind, prins Louis, vrygestel vir sy eerste verjaarsdag op 23 April.

Volgens William en Kate se amptelike Instagram-blad, Kensington Palace, is dié skattige foto’s van prins Louis vroeër vandeesmaand by William en Kate se huis in Norfolk geneem.

Die koninklike egpaar stel jaarliks nuwe foto’s van hul kinders op hul verjaarsdae aan die publiek bekend. Die laaste foto’s was van prins George op sy vyfde verjaarsdag en van prinses Charlotte op haar derde verjaarsdag.

Intussen is ʼn ander koninklike paartjie, prins Harry en Meghan, ook in die kollig omdat hul eerste baba een van die dae sy of haar opwagting gaan maak. Maroela Media het vroeër berig dat Meghan se baba einde April of begin Mei gebore sal word.

Prins Harry en Meghan (Foto: sussexroyal/Instagram)

Meghan en Harry het ook die publiek gevra om eerder skenkings aan verskeie organisasies te maak, in plaas daarvan om vir hulle geskenke te stuur met hul baba se koms.

“Die paartjie het lank reeds beplan om die publiek aan te moedig om eerder skenkings aan sekere liefdadigheidsorganisasies, wat kinders en ouers in nood help, te maak,” het Harry en Meghan se amptelike Instagram-blad laat hoor.

Van dié organisasies was The Lunchbox Fund, Baby2Baby en Well Child.

Hulle het ook ʼn week later hul dank uitgespreek oor mense wat hul versoek nagekom het.

“Of jy besluit het om $5 of £1 000 te skenk, om vrywillige werk te doen of die nuus te versprei – jy het jou deel gedoen. Ons sê vir jou baie dankie.”

Min besonderhede is egter aangekondig oor die koms van die pienkvoet omdat die paar besluit het om hul planne rakende die geboorte privaat te hou.

Die egpaar het gesê hulle is dankbaar vir al die boodskappe met goeie wense wat hulle van oor die wêreld heen ontvang het.

Harry en Meghan, wat in Mei 2018 by Windsor-kasteel getroud is, het onlangs van sentraal-Londen na die meer afgeleë Frogmore Cottage naby dié kasteel verhuis.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Essa ·

Skattige fotos van klein kinders is altyd lekker om te sien. Oulike kroos hierdie.

Christien vd Westhuizen ·

Die ou oop mondjie sal so n lekker nat soen gee tog te oulik al drie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.