Foto’s: Prinses Charlene se tweeling kleuterskool toe

Foto: Instagram

Prinses Charlene van Monaco het foto’s gedeel van haar tweeling se “eerste skooldag” en sosialemediagebruikers is dol daaroor.

Gabriella Thérèse Marie en Jacques Honoré Rainier is op 10 Desember 2014 gebore. Gabriella is twee minute voor haar broer in die Prinses Grace-hospitaal gebore.

Charlene (40) deel gereeld foto’s van die skattige tweeling op Instagram waar sy amper 80 000 volgelinge het.

Charlene het in ʼn onderhoud met die Franse publikasie Point de Vue gesê Jacques is terughoudend en hoewel hy selfversekerd is, kyk hy eers die kat uit die boom en vat sy tyd wanneer hy iets doen. Gabriella is weer bang vir niks nie en dit is altyd volstoom vorentoe. Volgens Charlene is die twee onafskeidbaar.

Jacques is die amptelike troonopvolger vir sy pa, prins Albert (60), terwyl sy suster as die gravin van Carladès bekend sal staan. Charlene is in Zimbabwe gebore, maar het in Suid-Afrika grootgeword en was ’n Olimpiese swemmer vir die land. Sy en prins Albert is in Julie 2011 getroud.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Fran ·

Ek beny sulke pragtige kindertjies, maar ek gun hulle vir die ouers. Mag Goedheid en Guns hulle volg al die dae van hulle lewe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.