Foto’s: Prinses Charlotte vier vyfde verjaardag

Prinses Charlotte. Foto: @KensingtonRoyal/Twitter

Prins William en Catherine, die hertogin van Cambridge, het pas nuwe foto’s van hul dogtertjie, prinses Charlotte, op sosiale media geplaas ter viering van haar vyfde verjaardag vandag.

Die koninklike egpaar se middelkind is koninging Elizabeth II se vyfde agterkleinkind. Die hertog en hertogin van Cambridge het by die foto’s geskryf dat Catherine dit self geneem het.

Die koninklikes hou oor die algemeen hul kinders en hul gesinslewe privaat, maar elke nou en dan word foto’s van die skattige twee prinsies en prinsessie op sosiale media versprei.

William, Catherine, George, Charlotte en Louis is tydens die afsonderingstydperk by hul plattelandse woning, Anmer Hall, in Norfolk.

William en Kate se jongste, prins Louis, het op 23 April twee jaar oud geword en daar is ook foto’s van hom op sosiale media geplaas om sy verjaardag te vier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Lammarié ·

Ek wil net weet of ons oor ander Europese koningshuise ook kan lees as om net van die Engelse koningshuis te hoor?

Nella ·

So pragtige dogtertjie en sy lyk so baie soos haar ouma Diana. Ek dink daardie ouma sou die beste ouma ter wêreld gewees het.

Rina ·

So pragtige kind! Haar ouers maak haar reg groot om the help!
Ouma Diana sou baie trots wees op haar!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.