[Foto’s] Radio Raps deel prettige verlowingsfoto’s

Radio Raps, oftewel Rikus de Beer, en sy verloofde, Kaylee van den Bergh, het onlangs hul “prettige verlowingsfoto’s” gedeel (Foto: Pixel Pro Photography)

Die Afrikaanse komediant en televisiepersoonlikheid Radio Raps en sy verloofde, Kaylee van den Bergh, het onlangs hul “verlowingsfoto’s” in kenmerke Radio Raps-styl laat neem.

Die paartjie het hul verlowing kort ná Kersfees verlede jaar bekend gemaak.

Die komediant – wat oënskynlik dié foto’s in karakter geneem het – het op Facebook vertel hy het slegs ingestem vir “tradisionele verlowingsfoto’s” omdat Van den Bergh hom die geleentheid gegee het om ook “sy eie weergawe” daarvan te laat neem.

“Ek is nie ʼn fan van foto’s nie. Maar elke man moet mos deur ʼn verlowings-shoot gaan – en ek is nie een vir pose nie. Maar ek moes maar ingee en een doen, want, sê hulle: ‘ʼn Verlowings-shoot is spesiaal,’ ‘dis iets wat die magic tussen jou en jou verloofde wys’ en dis iets wat jy vir jou kinders kan wys eendag en sê: ‘Kyk hoe verlief was mamma en pappa. Kyk hoe geniet hulle mekaar se geselskap.’ En ek het dit toe gedoen, maar op die voorwaarde dat ek ook ʼn shoot vir ons kan doen op my eie terme,” het hy op Facebook geskerts.

Die komediant het onlangs opslae op sosiale media gemaak nadat hy hom in ʼn video uitgespreek het teen plaasmoorde. Hy het vertel dat hy dié video spesiaal in Engels vervaardig het met die doel dat die buiteland dié krisis van plaasmoorde in Suid-Afrika raaksien en dalk moontlik kan ingryp.

“Selfs ek kan sien wat aangaan met die plaasaanvalle en die wreedaardige moorde van boere en werkers op plase in Suid-Afrika. Dis nie reg nie. Wat aangaan, is sommer twak. Ons kan nie na ons politici gaan nie – ek haat politiek, want dit gaan oor leuens om stemme te kry en om duur motors te ry. Dis nie die antwoord nie. Ons kort hulp van ander lande. Ons kort hulp van Amerika, van Brittanje en die hele Europa,” het hy vertel.

Die komediant, wie se regte naam Rikus de Beer is, is in Junie vanjaar vanuit die hoësorgeenheid ontslaan nadat hy ses weke lank in die hospitaal om sy lewe moes veg. Maroela Media het vroeër berig De Beer is op 27 Mei in die hospitaal opgeneem na afloop van sy optrede by Silverstar Casino naby Krugersdorp. ʼn Beplande operasie om galstene en sy galblaas te verwyder moes later uitgestel word weens ʼn hoë infeksietelling. Hart-, nier- én longversaking is destyds in die hospitaal by De Beer gediagnoseer, maar sy toestand het intussen merkwaardig verbeter en die komediant het weer teruggekeer verhoog toe.

Die paartjie se foto’s is geneem deur Pixel Pro-fotografie. Vir meer inligting, besoek Pixel Pro se Facebook-blad of webwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

A Mac ·

Dis nou heel oulik gedoen. Die heel laaste foto lyk soos ‘n “shotgun wedding” foto. Bargain maar altyd op Radio Raps se Rikus om sulke lekker lawwe memories te maak. En baie bly dat dit soveel beter gaan met sy gesondheid. Nou wag ons vir die troufoto’s.

Erica Roos ·

Flippen cute, dit lyk of dit midde in die Anglo boere oorlog geneem is net voor Jan oorlog toe moes vertrek, die pyn en lyding op daardie gesigte vertel boekdele, heeltemal iets anders

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.