Foto’s: Rooikop aktrise gee die jawoord

amalia-uys

Amalia Uys en Shaun Golding. (Foto: Instagram/Amalia Uys)

Die rooikop aktrise Amalia Uys en Shaun Golding is die afgelope naweek getroud by die Pat Busch Mountain Reserve buite Robertson in die Wes-Kaap.

Uys het die nuus op sosiale media saam met ʼn pragfoto bevestig. “Verstom. Dit is amper onwerklik. Shaun Golding, jy is my man!” het sy op Instagram gekoer.

Talle bekendes soos Donnalee Roberts, Ivan Botha en Loki Rothman het die spoggeleentheid bygewoon.

Uys, wat bekend is vir haar rolle as San-Mari in die SABC 2-sepie 7de Laan en Linda in die fliek Sy klink soos lente, het in Desember verlede jaar aan Golding verloof geraak. Die paartjie het mekaar aan die Weskus ontmoet.

Uys het ook vroeër vandeesmaand saam met ʼn groep bekende vriendinne haar henneparty gevier. Christel van den Bergh van Getroud met rugby-faam en Nadia Valvekens, bekend as Pippa in Binnelanders, het ook gesig gewys.

“Wat ʼn onvergeetlike naweek saam met die mooiste bosnimfe,” het Van den Bergh op Instagram gesê. “Ons is lief vir jou Amalia Uys. Dankie almal vir al die lag.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.