[Foto’s] Rugbyman word pa: ‘God is groot’

Franco en Juan-Ri saam met Joia-Belle (Foto: Instagram)

Die Leeus- en Springbok-slot Franco Mostert en sy vrou, Juan-Ri, het vandeesweek vir die eerste keer ouers geword.

Franco het Woensdag op sosiale media die nuus van hul dogtertjie, Joia-Belle, se geboorte gedeel.

“Kyk wie het ons verras,” het hy by ʼn foto op Facebook geskryf. “[Sy weeg] 3,6 kg en [is] 52 cm [lank]. Dis die grootste voorreg en eer. Dankie, Here! U is groot. Juan-Ri, jy was die beste en sterkste vrou.”

Juanri het op Instagram gesê dié skattige kleinding het haar “longetjies by geboorte uitgeskree”.

“Ons God is wonderlik. Toe hulle haar op my bors neersit toe is sy dadelik doodrustig en tjoepstil. En dankie ook vir my man – ek sou dit nie sonder jou kon doen nie.”

Die 25-jarige rugbyspeler het in Julie verlede jaaraangekondig hy gaan nie by die Franse rugbyklubspan Lyon aansluit nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Pragtig ·

Sys is sommer pragtig, mooiste gesiggie en baie geluk julle 2tjies. Mag sy baie baie vreugde bring.

Steve Stephansen ·

Dankie vir so bietjie goeie nuus. Alhoewel ek dink dat enige kind wat gebore word, ongeag sy pa rugby speel of aslorrie bestuur, dit ‘n present van God is. Niemand is verhewe bo ‘n ander nie. Ons weet dat die koerante ook moet nuus hê, maar dink aan ander heros ook in die land. Daar is dokters, verpleegpersoneel, polisiemanne, skool onderwysers, ens wat ook babas kry. Dankie vir die nuus.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.