Foto’s: SA se eerste Mej. Heelal 40 jaar terug gekroon

Margaret Gardiner het vandag presies 40 jaar gelede die eerste Suid-Afrikaner geword om die Mej. Heelal-titel te wen.

Gardiner, ʼn joernalis wat deesdae in Amerika woon, is op 18-jarige ouderdom as die land en Afrika se heel eerste Mej. Heelal gekroon:

Demi-Leigh Nel-Peters (23) is op 26 November 2017 as Suid-Afrika se tweede Mej. Heelal gekroon:

Demi-Leigh Nel-Peters (Foto: Facebook via Miss Universe)

Tamaryn Green, wat in Mei as die nuwe Mej. Suid-Afrika aangewys is, sal die land later vanjaar by die Mej. Heelal-kompetisie verteenwoordig:

Tamaryn Green

Suid-Afrika het egter al drie keer ʼn Mej. Wêreld opgelewer. Penny Coelen is in 1958 as die land se eerste Mej. Wêreld gekroon. Anneline Kriel is in 1974 as Mej. Wêreld aangewys en Rolene Strauss het in 2014 Suid-Afrika se derde Mej. Wêreld-wenner geword:

Rolene Strauss (Mej. Wêreld 2014), Penny Coelen-Rey (Mej. Wêreld 1958) en Anneline Kriel (Mej. Wêreld 1974)

Thulisa Keyi is in Mei vanjaar as Mej. Wêreld Suid-Afrika aangewys en sal die land later vanjaar in dié kompetisie verteenwoordig:

Thulisa Keyi en Tamaryn Green. (Foto: Verskaf)

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Spikkels ·

Ek kon nog nooit verstaan hoe daar n mej Heelal kan wees nie, hulle beding mos nie met ander aliens van ander planete nie? Kan nog mej Land, mej Wereld verstaan, maar mej Heelal?

Theresa B ·

Ek stem Amanda. Margaret Gardiner was en bly die mooiste.

sonja coetzee ·

EK SE NOGSTEEDS DEMI-LEIGH SE OE VERTEL DIE MOOISTE VERHALE!!OP AL HAAR FOTO’S STRAAL HAAR OGIES LETTERLIK EN FIGUURLIK.EN ROLENE HET N NATUURLIKE SKOONHEID EN EK DINK IS FANTASTIES OM SO MOOI TE KAN WEES!!!!ANNELINE EN MAGARET IS NIE VIR MY SO MOOI SOOS DEMI-LEIGH EN ROLENE NIE….SMAAK VERSKIL (GELUKKIG)PENNY HET OOK N BESONDERSE SKOONHEID

Greta Bredell ·

Wat van Rhoda Rademeyer wat in 1975 Mej Wêreld was????

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.