Die afgelope naweek het die Sun Met weer bekendes, geklee in hulle beste uitrustings, verwelkom. Vanjaar se tema by dié geleentheid was “African Luxury: Precious Metals”. Talle bekendes soos Rolene Strauss, Lee-Ann Liebenberg en Tamaryn Green het uitrustings met blinkers, in metaalkleure en van blink lap gedra.
Usain Bolt, wat ook dié glansgeleentheid bygewoon het, was uitgevat in ʼn pienk pak met blokkies op, terwyl Chad le Clos ʼn smaraggroen pak gedra het.
Kyk hier hoe die bekendes gelyk het:
Regtig? Dis eintlik skreeusnaaks! Niks beter om te doen nie?
Rolene Strauss lyk uitstaande. Sy het maar net Klas (Classy). Jul kon kon gerus maar die moeite gedoen het om aan te dui watter perd gewen het – ek mors nie geld op koerante nie want MM gee goeie dekking!
Tamaryn Green: jy mag maar! Stunning
Suid-Afika het beeldskone vroue en ek glo steeds Tamaryn moes die wêreldkroon hierdie jaar gekry het. Ons moet ons vroue en meisies mooi oppas. Rolene, Demi-Lee, Tamaryn julle het almal een ding in gemeen: Mooi van binne en buite. Trotse Suid-Afrikaner