Foto’s: SA skoonheid voor kansel

Tamaryn Green en haar man, Zesimdumise “Ze” Nxumalo. (Foto: Instagram/Tamaryn Green)

Tamaryn Green, die Suid-Afrikaanse skoonheid wat in 2018 as Mej. Suid-Afrika gekroon en as naaswenner van die Mej. Heelal-kompetisie aangewys is, heet nou mev. Nxumalo.

Sy is die afgelope naweek by die spoggerige Quoin Rock-wynlandgoed in Stellenbosch met die sakeman en entrepreneur Zesimdumise “Ze” Nxumalo getroud.

Green, ʼn mediese dokter, het ʼn elegante balrok en pêrels vir die geleentheid gekies, terwyl Nxumalo ʼn swart aandpak gedra het.

Die bruilofsgaste het ook by die elegante tema van die dag ingepas en het die geleentheid geklee in swart en wit bygewoon.

Green het foto’s en video’s van die groot dag op haar Instagram-profiel gedeel.

“Hier is op die beste dag van my lewe. Man en vrou,” het sy by ʼn foto van haar en Nxumalo geskryf. Die amptelike troufoto’s is deur Hanri Human geneem.

Talle bekendes het die troue bygewoon, onder meer die skoonheid Natasha Joubert, wat onlangs aan die Mej. Suid-Afrika-kompetisie deelgeneem het.

Bekendes soos Marciel Hopkins, Rolene Strauss, Willem Botha, Adè van Heerden en Shudufhadzo Musida het die pasgetroudes op Instagram gelukgewens.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Lakemalawi ·

Sy is darem so ‘n beeldskone vrou. Baie geluk aan die paartjie, julle het altwee pragtig gelyk!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.