Foto’s: SA swemkampioen trou met Griekse nooi

Cameron van der Burgh en sy bruid, Nefeli. (Foto: Instagram)

Cameron van der Burgh en sy bruid, Nefeli. (Foto: Instagram)

Die Suid-Afrikaanse Olimpiese swemkampioen Cameron van der Burgh is Maandag getroud met sy Pretoriase verloofde, Nefeli Valakelis.

Van der Burgh, wat in Mei vanjaar 30 geword het, en Valakelis het by die luukse Ktima 48-oord in Anavyssos in die ooste van Griekeland afgehaak.

Valakelis is van Griekse herkoms en ʼn voormalige prokureur wat tans werksaam is as rekeningbestuurder vir die advertensiemaatskappy Ogilvy & Mather.

Talle bekendes, onder wie Van der Burgh se Olimpiese swemspanmaat Ryk Neethling, die swemmer Chad le Clos en die akteur en entrepreneur Maps Maponyane het die groot dag bygewoon.

Die paartjie. (Foto: Instagram)

Die paartjie. (Foto: Instagram)

“Dis lekker om terug te wees in Athene waar ons drome bewaarheid is,” het Neethling Sondag op Twitter geskryf. “Môre vier ons Cameron en Nefeli se troudag.”

Van der Burgh het ook ʼn troufoto van hom en sy bruid op Instagram gedeel. “Ek stel bekend, meneer en mevrou Van der Burgh,” het hy geskryf.

Die paartjie het in Desember 2016 verloof geraak in Switserland tydens ʼn skivakansie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

E.K. die eerste ·

Mooi paartjie! Alles van die beste vir hulle. Sou self nie omgee om Gauteng se koue te kon ontsnap na lekker warm Griekeland nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.