[Foto’s] Sangpaar spog met eerste pienkvoet

Julius Walt, Lemé en klein Delaney (Foto: Facebook)

Julius Walt, Lemé en klein Delaney (Foto: Facebook)

Die sangpaar Lemé en Julius Walt het in Januarie vanjaar vir die eerste keer ouers van ʼn skattige babadogtertjie geword.

Die paartjie het dié nuus eers Dinsdag amptelik op sosiale media bekend gemaak. Hul dogtertjie, Delaney, is op 14 Januarie gebore.

“Net so voor die maand van liefde eindig, staan ons voor ʼn nuwe begin,” skryf die paartjie op Facebook. “Ons is so geseënd deur God se genade met dié bondeltjie vreugde. Ons lewe het vir altyd verander en is gevul met ʼn liefde wat ons nooit gedink het bestaan nie.”

Lemé, veral bekend vir liedjies soos “GI Jane” en Julius, bekend vir sy deelname aan die kykNET-program Ons soek die sanger en as lid van die groep Silwer & Goud, het ook ʼn paar skattige babafoto’s gedeel.

“Ons harte loop oor van blydskap en dankbaarheid en ons gee alle eer aan ons Hemelse Vader vir ons babadogtertjie. Dis liefde onbeskryflik groot!”

Die paartjie is verlede jaar stilletjies getroud.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

charlene ·

Ag ons is maar `n pragtige baba’tjie. So klein, so fyn so pragtig. Baie geluk julle, julle sal nou sien hoe verander alles. Alles gaan mooier wees, alles gaan amazing wees. Die lewe van `n kind maak alles net WOW, mag sy vir julle net geluk, mooi oomblikke, min slaap en baie lekker dae bring. Die min slaap gaan nie pla nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.