
Die skattige prinses Charlotte op haar eerste skooldag. (Foto: Instagram/Kensington-paleis)
Die skattige prinses Charlotte, prins William en sy vrou Kate se dogtertjie, is Maandag vir die eerste keer kleuterskool toe.
Willcocks Nursery School is naby Kensington-paleis in Londen geleë.
Kate, wat swanger is met haar en prins William se derde baba, het die foto’s van die glimlaggende tweejarige prinsessie buite die paleis geneem.
Die skool word op sy webwerf deur regeringsinspekteurs as “uitstekend” bestempel en word beskryf as tradisioneel. Die skool sê hy “streef daarna om sy etos vir hoë standaarde, uitmuntendheid en goeie maniere te behou”.
Die skoolfooie beloop ongeveer £3 050,00 (sowat R51 000) per kwartaal vir oggende en £1 800,00 (ongeveer R30 000) vir middae.
Prinses Charlotte is vierde in lyn om die troon op te volg ná haar pa, ouer boetie, prins George, en haar oupa, prins Charles.
Prins William het as kind ook kleuterskool toe gegaan, in teenstelling met vorige senior koninklikes. Prins George het in September verlede jaar sy laerskoolloopbaan begin by Thomas’s Battersea, ʼn privaatskool in suidwes-Londen.
Prins William en Kate se derde baba word in April gebore.
- Prinses Charlotte. (Foto: Instagram/Kensington-paleis)
- Prins William en prins George op sy eerste skooldag by Thomas’s Battersea in September verlede jaar. (Foto: Instagram/Kensington-paleis)
- ‘n Gesinsfoto van prins William en Kate saam met twee van hulle spruite, prins George en prinses Charlotte in 2018. (Foto: Instagram/Kensington-paleis)
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
15 Kommentare
Baba kom in April, het hulle nou al bekendgemaak of dit ‘n seun is? Daar is bespiegel oor die geslag van die kind, selfs beweer dat dit ‘n tweeling kan wees, nou wor daar net van’n baba gepraat en voorspel dat dit dalk ‘n seun is .. is dit nou of hou hulle dit vir ons as ‘n ‘verrassing”? lol
In albei die laaste fotos is dit nie Prins Harry nie maar wel Prins William ?
In albei die laaste fotos is dit nie Prins Harry nie maar wel Prins William of is ek verkeerd ?
Ai hoe wens ek Prinses Diana het nog gelewe om haar pragtige kleinkinders te kon geniet. Dit is pragtige fotos van Charlotte.
Ek merk dat die koningshuis, wat die Afrikaner so haat, heelwat prominensie op Afrikaanse nuusmedia kanale geniet. Wie gee nou eintlik om of die kinders skattig is aldan nie? Hou hulle asb uit ons nuusberigte totdat hulle die Boerevolk erken en vergoed vir die wandade wat hul soldate teen ons voorouers gepleeg het.