Foto’s: Skattige prinses Charlotte gaan kleuterskool toe

prinses-charlotte

Die skattige prinses Charlotte op haar eerste skooldag. (Foto: Instagram/Kensington-paleis)

Die skattige prinses Charlotte, prins William en sy vrou Kate se dogtertjie, is Maandag vir die eerste keer kleuterskool toe.

Willcocks Nursery School is naby Kensington-paleis in Londen geleë.

Kate, wat swanger is met haar en prins William se derde baba, het die foto’s van die glimlaggende tweejarige prinsessie buite die paleis geneem.

Die skool word op sy webwerf deur regeringsinspekteurs as “uitstekend” bestempel en word beskryf as tradisioneel. Die skool sê hy “streef daarna om sy etos vir hoë standaarde, uitmuntendheid en goeie maniere te behou”.

Die skoolfooie beloop ongeveer £3 050,00 (sowat R51 000) per kwartaal vir oggende en £1 800,00 (ongeveer R30 000) vir middae.

Prinses Charlotte is vierde in lyn om die troon op te volg ná haar pa, ouer boetie, prins George, en haar oupa, prins Charles.

Prins William het as kind ook kleuterskool toe gegaan, in teenstelling met vorige senior koninklikes. Prins George het in September verlede jaar sy laerskoolloopbaan begin by Thomas’s Battersea, ʼn privaatskool in suidwes-Londen.

Prins William en Kate se derde baba word in April gebore.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Cute ·

Baba kom in April, het hulle nou al bekendgemaak of dit ‘n seun is? Daar is bespiegel oor die geslag van die kind, selfs beweer dat dit ‘n tweeling kan wees, nou wor daar net van’n baba gepraat en voorspel dat dit dalk ‘n seun is .. is dit nou of hou hulle dit vir ons as ‘n ‘verrassing”? lol

Penellope Jones ·

Hulle het nie met die vorige twee kinders die geslag voor die t yd bekend gemaak nie, so sal dalk ook nie met hulle 3de een nie.
Dis maar seker hul keuse. en bespiegelinge is wat dit is, bespiegelinge.

Verward ·

In albei die laaste fotos is dit nie Prins Harry nie maar wel Prins William ?

Dalene de Vente ·

Dagsê Verward

Dankie vir jou valkoog! Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Dalene nms. Maroela Media

Verward ·

In albei die laaste fotos is dit nie Prins Harry nie maar wel Prins William of is ek verkeerd ?

Ander Annie ·

Ai hoe wens ek Prinses Diana het nog gelewe om haar pragtige kleinkinders te kon geniet. Dit is pragtige fotos van Charlotte.

Veritas ·

Ek merk dat die koningshuis, wat die Afrikaner so haat, heelwat prominensie op Afrikaanse nuusmedia kanale geniet. Wie gee nou eintlik om of die kinders skattig is aldan nie? Hou hulle asb uit ons nuusberigte totdat hulle die Boerevolk erken en vergoed vir die wandade wat hul soldate teen ons voorouers gepleeg het.

Wonder maar net ·

Hoe kan mens toekoms bou as daar heeltyd terug gewys word na verlede toe? Geen wonder ons land sit waar dit ook nog sit, want almal deins net terug na verlede etc. wat verby is, is verby. Mens moet voortbou nie agteruit nie.

Penellope Jones ·

Mens kyk vorentoe, vergewe en gaan aan!

Om terug in die verlede te leef, die verlede die heeltyd te koester, werk negatief in op die psige.
Positiwiteit is tog maar wat mens laat voortgaan, aanhou en floreer sonder die verlede se bagasie.

So oulik ·

So oulik, wil my amper verstout en oulikies sê, dankie vir die deel Maroela Media.

HB ·

Veritas, Dit is hoekom daar ‘n verskil is tussen vergewe en vergeet. Ons vergewe maar moet nooit vergeet wat gebeur het nie want die volgende geslagte moet daaruit leer.

Veritas ·

HB, as jy nie kan vergeet nie het jy nie vergewe nie. Geen Engelsman het my ooit om verskoning gevra nie so hoekom moet ek hulle vergewe?

Vermeende ·

Ai die koningshuis amuseer ons media en mense darem nog, hoekom is ons dan ooit onder die britse staf uit. Ons kon Jannie Smits so trots gemaak het vandag.

Frankie ·

Veritas…as jou hart steeds ‘n moordkuil is vir die Britse Koningshuis dan moet jy ewe sterk voel oor die Franse regering wat toegelaat het dat jou Franse Hugenoot voorgeslagte se familie gemartel en vermoor is omdat hulle aan die verkeerde kerk behoort het…

As jy mooi daaroor dink is dit mos dan eintlik die Franse regering se skuld dat jou voorgeslagte Afrika toe moes vlug het en toe ‘n paar jaar later slaags geraak het met die Britte in ‘n oorlog ens ens ens.

Hmmm??? Ag nee regtig man.

Eer jou voorgeslagte vir hulle opoffering en onmenslike swaarkry in oorlogs omstandighede, natuur rampe en ekonomiese depressies – en doen wat jy kan om te voorkom dat die geskiedenis homself herhaal – maar leef positief in die hier en nou.

Veritas ·

Frankie, ek het nie my Duitse voorvaders geken nie en het vrede daarmee. Ek het wel my ouma geken. My ouma wat as 12 jarige deur Engelse in ‘n konsentrasiekamp verkrag is en tydens ‘n uitbreek van masels in die reën moes staan en daarvan blind geword het. Haar lewenswens was dat sy tog net haar kinders en kleinkinders kon sien. Dít is wat my bitter maak. As jy dít kan vergewe, het jy geen gevoel vir diegene wat onder die Engelse gely het nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.