Foto’s: Só lyk bekendes by Baftas

Margot Robbie (Joel C Ryan/Invision/AP)

Die 72ste British Academy of Film and Television Arts-toekennings (Baftas) is Sondagaand in die Royal Albert Hall in Londen aangebied.

Hoewel die kollig eintlik geskyn het op die akteurs wat benoem is, het modeliefhebbers almal wat die glansgeleentheid bygewoon het met ʼn valkoog dopgehou om hul uitrustings te sien.

Die akteur Margot Robbie het behoorlik uitgestaan in haar Chanel-rok met oorgroot skouerdetail. Robbie was benoem vir die beste vrouebyspeler, maar Rachel Weisz is met dié toekennings huis toe.

Prins William, die president van Bafta, en sy vrou Catherine, het ook die geleentheid bygewoon.

Catherine het stylvol gelyk in ʼn ligte roomkleurige, eenskouer- Alexander McQueen-rok met blomdetail.

Kyk hier hoe hulle gelyk het:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.