Terwyl die Golden Globes eintlik draai om die goue beeldjies waarmee bekendes aan die einde van die aand wegstap, is die uitrustings waarmee hulle by die geleentheid opdaag amper nét so belangrik vir mode-aanhangers.
Die 76ste Golden Globes-toekennings is Maandagoggend (Suid-Afrikaanse tyd) uitgedeel.
Verlede jaar het die bekendes saamgestaan en swart gedra na dié geleentheid, om solidariteit te toon met die Time’s Up-veldtog wat veg teen seksuele misbruik en ongelykheid in die werkplek.
Vanjaar was daar wel verskeie kleure op die glanstapyt te sien, hoewel die Time’s Up-logo steeds hier en daar ʼn verskyning gemaak het op armbande, borsspelde en ander bykomstighede.
Só het die sterre gelyk:
Moet ons nou die klomp sataniste se kleredrag bekyk? Lyk my Heidi moes ‘n laken opskeur en om haar nek vasmaak om al die liggaamsdele bymekaar te kry. Sukkel maar as jy 45 is en jy wil ‘n spiertier van 30 he. Maar nou ja, vra maar vir Demi Moore, die liefde is van korte duur.
Snaaks dat jy nie omgee om na die “sondaar” wat selfdood gepleeg het se foto te kyk nie…
Asyn gedrink?