Hul huweliksbevestiging vroeër dié maand was ʼn onvergeetlike geleentheid, verklap die akteur en musikant Stefan Ludik en sy aktrise-vrou, Anelle, op sosiale media. Van die kraakwit rok met die lang sluier tot die drielaagkoek het dié dag spesiaal gemaak, en nóú sien hulle uit na ʼn lewe saam.
Die egpaar het vroeër vandeesmaand by Monte de Dios in Zwavelpoort net anderkant Pretoria getrou nadat hulle einde verlede jaar verloof geraak het.
Anelle was geklee in ʼn Simon Rademan-rok. Sy het op sosiale media vertel Rademan het al sedert die begin van haar en Stefan se verhouding gesê hulle gaan eendag trou. “Simon, jy stap al vir amper drie jaar ʼn pad saam met my. Jy het een van die belangrikste dinge in ʼn bruid se lewe – haar rok – vir my een van die mooiste herinneringe gemaak. Vir alles en meer wat jy vir my gedoen het en beteken het sal ek vir jou dankbaar wees.”
Sy vertel die dekor, wat deur Impeccable Creations gedoen is, het ʼn minimalistiese aanslag gehad gemeng met ʼn aardse styl.
Oor hul troukoek, gemaak deur Kevin van Baker Boys Confectionery, het sy op sosiale media gesê: “Kevin – jy was van die eerste oomblik aan boord met soveel entoesiasme. Jy het ʼn meesterstuk gemaak. Dit is een van die eerste dinge waaroor mense praat wanneer hulle oor ons troue gesels. Dit was ongelooflik lekker!”
Anelle het vertel haar troue aan Stefan het gesorg vir “onvergeetlike herinneringe vir ʼn leeftyd”.
Stefan het ook spesiaal vir die troue ʼn liedjie vir Anelle geskryf en dit tydens die troue aan haar opgedra. Die snit heet “Gestuur van Bo” en lui:
“Jy is gestuur van Bo
Jy laat my weer in engele glo
Jy is gestuur van Bo
Jy laat my weer in liefde glo
Jy is die vuur hier binne my…”
Al die foto’s is deur Dune Kahlau Fotografie geneem en word met vergunning van die egpaar geplaas. Besoek Dune Kahlau Fotografie se Facebook-blad.
Julle het pragtig gelyk wow.
WOW STEFAN EN ANELLE JULLE HET PRAGTIG GELYK.MAGJULLE HUWELIK NET MAANSKYN EN ROSE BESAAI WEES!!!!!!!!
Ou nuus, hulle was al op wittebrood
Sy is nou sy Sandra Prinsloo. EK hoop hulle huwelik hou verewig.
Baie baie geluk… Mag julle ‘n wonderlike en geseënde lewe saam hê