Foto’s: Sterre haal uit en wys by die SAG-toekennings

Margot Robbie (Foto: Willy Sanjuan/Invision/AP)

Soos by enige ander glansgeleentheid in Hollywood het die bekendes weereens gepronk met hul uitrustings by Sondag se Screen Actors Guild Awards.

Vanjaar het die bekendes vrolike kleure en snitte gedra, met net die regte tikkie skitterglans en detail. Die modetydskrif Vogue het Margot Robbie in haar sjiek Chanel-rok, Emma Stone in haar Louis Vuitton-bloes en swart wyepypbroek, asook Dania Gurira in ʼn wit veredetailrok uitgesonder as van die aand se bes geklede bekendes.

Lady Gaga het dit klassiek gehou in ʼn wit Dior-rok terwyl Emily Blunt ʼn meer ongewone keuse gemaak het met haar helderpienk Michael Kors-rok met interessante kraagdetail.

Kyk hier hoe die bekendes gelyk het:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

P ·

Wonder hoekom moet die halse altyd so oop en laag wees. Andersins mooi skeppings.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.