Foto’s: Sterre mooi getooi vir die Grammy-toekennings

Lady Gaga (Chrsi Pizzello/Invision/AP)

Hollywood ken van opdollie en die 61ste Grammy-toekennings, wat Sondagaand plaasgevind het, het beslis nie teleurgestel in die mode-afdeling nie.

Dit blyk dat sterre vanjaar aangetrokke was tot neutrale kleure en skakerings van pienk. Die modetydskrif Vogue het onder andere vir Miley Cyrus, Lady Gaga en Janelle Monáe as van die besgeklede sterre aangewys.

Gaga het in 2011 by die 53ste Grammy-toekennings op die rooi tapyt opgedaag in ʼn eier wat deur vier mense gedra is. Sy het gesê sy was drie dae lank in die eier voordat sy tydens haar optrede by dié geleentheid “uitgebroei” het.

Gaga het wel vanjaar besluit om ʼn gesofistikeerde blinksilwer rok te dra, en het drie Grammy-toekennings op die glansaand ontvang.

Kyk hier hoe die sterre gelyk het:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.