[Foto’s] Steve en Janine wys hul Romy-Lee

Die klein Romy-Lee (Foto: Facebook)

Die sanger Steve Hofmeyr het foto’s van hom en sy vrou, Janine, se kleinding gedeel.

Romy-Lee is Maandag skuins ná 8:00 gebore en Hofmeyr het kort daarna aan Maroela Media gesê hy en Janine is omtrent bewoë en het nog nie een oomblik ophou glimlag nie.

Romy-Lee, die sanger se sesde kind, het wéér sy lewe verander, nes elkeen van sy vyf ander kinders ook, vertel hy. “ʼn Prinsessie wat my om haar vingertjie gaan draai.”

Daar is een ding wat deur haar lewe vir die gesin belangrik is én deurentyd belangrik gaan bly, sê hy: “Om nie tyd te mors nie. Om elke oomblik as ’n geleentheid te sien. Om God ook in klein detail te herken. Om altyd dankie en asseblief te sê. Om ouer mense, kinders, diere en musiek uit te sonder as Godsgesante.”

Hofmeyr het vyf ander kinders: Charissa (28), Armand (26), Devon (22), Sebastian (14) en Benjamin (12). Hy en Janine is in Januarie 2014 getroud.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Karmi ·

Hoop haar pa sal haar ordentelik leer praat – nie sulke “slang” soos sy vroutjie nie!

Karlien ·

Is jou kommentaar regtig gepas? Dit is vir my nogal erg dat mense so maklik negatiewe kommentaar kan lewer op ‘n positiewe nuus berig.

Lizl ·

Pragtig ! Weet sommer hulle gaan haar met die regte waardes groot maak

T ·

Sy is pragtig! Lyk soos n engeltjie. Veels geluk. Die wat vieslike negatiewe kommentaar lewer is net jaloers!

Magda ·

Baie geluk julle – al is dit no. 6 – gelukkig kyk Steve na al sy kinders en maak nie net en los soos bitter baie Ma’s en Pa ‘s daar buite – Sy is pragtig.

Theresa B ·

Sy is pragtig!! Baie, baie geluk julle. Geniet elke oomblik.

Ilse ·

Baie geluk met julle wonderlike prinsessie wat God aan jul geskenk het!!

Amanda ·

Baie geluk met julle blommetjie. Sy het die mooiste gesiggie en die mooiste ou mondjie.
Baie dankie dat julle hierdie mooi blessing wat 5 daggies oud is van BO met ons deel. Sy is kosbaar en ‘n juweel.

marie ras ·

as ons klippe wil gooi, is daar baie op God’s aarde om mee te gooi. steve, ek was nog altyd ‘n groot aanhanger van jou, “no matter what”. jy het ‘n ongelooflike mooi stem en pragtige verhoogpersoonlikheid en ‘n “smart seun”. dankie vir die uiters goeie pa vir die ander 5 kinders die afgelope jare. nommer 6 gaan beslis nie ‘n uitsondering wees nie. inteendeel, ek dink sy sal net ‘n blessing vir julle wees. sterkte met haar opvoeding. van ‘n dame van 66 jaar.

Hannelie ·

Veels geluk julle, sy is voorwaar pragtig. En Steve….sy gaan mooier lyk in pienk as in Bloubul blou :).

john samuel ·

Baie Geluk Mnr. & Mev Hofmeyr!!
Mag sy vir julle Vele vreugde inhou.
En mag jy voorgaan Steve om vir haar n Land te vorm waar sy ook welkom sal wees, kan lewe en ‘n bydrae in kan maak…
Ek wens julle wel

amvi ·

Geluk Steve, ek dink daai babatjie het een van die beste pa’s ooit!

Rentia Venter ·

Baie geluk Steve en Janine sy is pragtig nes julle. Mag julle geseend wees met haar en sy vir julle baie vreugde sal gee.

M ·

Sjoe hoe tjank ek nou, kan dit nie glo nie. Sy is só spesiaal. Baie geluk.

Elsabe ·

Baie geluk julle twee hoop om haar by die Kaboomfees te sien.

estelle de jongh ·

Die pragtigste klein mensie. So bly vir die Hofmeyrs. Dankie Steve en Janine dat jul hierdie spesiale oomblikke met ons deel. Geniet haar.

Daan ·

Klip in die bos, waar is die WP klere wat julle gekry het, ek soek daardie foto

Susan ·

Baie geluk aan julle twee. sy is pragtig verby!!!! Dankie vir die deel van die fotos dat ons ook saam kan deel in jul vreugde.???

Esmien ·

Baie geluk julle 2. Sy is pragtig. Steve, ek het geweet jy kan. Mag sy vir julle net vreugde en geluk bring. Ek weet die ander sussie en boeties is net so opgewonde oor die nuweling. Pas haar mooi op. Liefde!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.