Romy-Lee is Maandag skuins ná 8:00 gebore en Hofmeyr het kort daarna aan Maroela Media gesê hy en Janine is omtrent bewoë en het nog nie een oomblik ophou glimlag nie.
Romy-Lee, die sanger se sesde kind, het wéér sy lewe verander, nes elkeen van sy vyf ander kinders ook, vertel hy. “ʼn Prinsessie wat my om haar vingertjie gaan draai.”
Daar is een ding wat deur haar lewe vir die gesin belangrik is én deurentyd belangrik gaan bly, sê hy: “Om nie tyd te mors nie. Om elke oomblik as ’n geleentheid te sien. Om God ook in klein detail te herken. Om altyd dankie en asseblief te sê. Om ouer mense, kinders, diere en musiek uit te sonder as Godsgesante.”
Hofmeyr het vyf ander kinders: Charissa (28), Armand (26), Devon (22), Sebastian (14) en Benjamin (12). Hy en Janine is in Januarie 2014 getroud.
- Die klein Romy-Lee (Foto: Facebook)
- Die klein Romy-Lee saam met Janine (Foto: Facebook)
- Die klein Romy-Lee (Foto: Facebook)
- Die klein Romy-Lee saam met Steve (Foto: Facebook)
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
31 Kommentare
Veels geluk, julle! Sy is pragtig!
Hoop haar pa sal haar ordentelik leer praat – nie sulke “slang” soos sy vroutjie nie!
Pragtig ! Weet sommer hulle gaan haar met die regte waardes groot maak
Sy is pragtig! Lyk soos n engeltjie. Veels geluk. Die wat vieslike negatiewe kommentaar lewer is net jaloers!
Ag moeder!