Foto’s: Toks en sy Carol haak af

Toks en Carol van der Linde (Foto: Linda van Dyk-Fotografie)

Die oud-Springbokspeler en televisie-aanbieder Toks van der Linde en sy vriendin van die afgelope jaar, Carol Avenant, het die afgelope naweek getrou.

Van der Linde het dié nuus op sosiale media bevestig. “Beste dag van ons lewe,” het die televisieaanbieder op sosiale media laat hoor.

Die egpaar het by die Leopard’s Leap-wynlandgoed in Franschhoek in die Wes-Kaap getrou.

Gelukwensings vir die egpaar het op sosiale media ingestroom nadat hulle vroeër foto’s van hul spesiale dag op Facebook gedeel het. “Baie geluk, Tokka! Blessings vir die nuwe hoofstuk,” het die Springbok-rugbyspeler Bryan Habana geskryf.

Toks en Carol van der Linde (Foto: Linda van Dyk-Fotografie)

“Geluk, my chomma. Oom Toks, jy is ʼn legend en verdien net die beste wat ek weet jy hét. God bless julle twee mooi mense,” het die Suid-Afrikaanse krieketspeler Vernon Philander geskryf.

Die Van der Linde-egpaar het in Julie verlede jaar by die Protea Hotel in Knysna verloof geraak. Hulle het reeds sedert April 2017 ʼn verhouding.

Van der Linde is die aanbieder van die gewilde Toks & tjops-program op kykNET.

Die foto’s is met vergunning van Linda van Dyk-fotografie op Maroela Media geplaas. Vir meer inligting, besoek Linda van Dyk-fotografie se Facebook-blad en webwerf.

Toks en Carol van der Linde (Foto: Linda van Dyk-Fotografie)

Toks en Carol van der Linde (Foto: Linda van Dyk-Fotografie)

Toks en Carol van der Linde (Foto: Linda van Dyk-Fotografie)

Toks en Carol van der Linde (Foto: Linda van Dyk-Fotografie)

Toks en Carol van der Linde (Foto: Linda van Dyk-Fotografie)

Toks en Carol van der Linde (Foto: Linda van Dyk-Fotografie)

Toks en Carol van der Linde (Foto: Linda van Dyk-Fotografie)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

mc ·

Ag is hulle nie net te pragtig nie. Alles wat mooi is vir die toekoms.

sonja coetzee ·

BAIE GELUK DIT PRAGTIG GELYK!!!MAG DIE 2’TJIES BAIE GELUKKIG WEES DIE BRUID HET SOOS N FEE PRINSES GELYK!!!NOGMAALS BAIE GELUK MNR EN MEV VAN DER LINDE!!!!!!

Genieve ·

Oeeee maar julle het pragtig gelyk Toks baie baie seen op jul huwelik en mag dit net goed gaan en vertroetel mekaar.

Gesiggie ·

Well Done ou Toks…. mag jy en jou nuwe vrou baie gelukkig wees… als wat mooi is…

Toksfan ·

Baie geluk Tokka en Carol – julle maak ‘n mooi couple!

FM ·

Baie geluk Carol en Toks met die nuwe hoofstuk in jul lewe.Toks wys bietjie waar Dawid die wortels gegrawe het. Wys aan almal dat manne van jou ouderdom nog vol oemf is. Enjoy mekaar.

Mitch ·

Ons is lief vir jou Toks, pragtige bruid. Baie sterkte vir ‘n mooi toekoms.

Elle ·

Lanklaas sulke pragtige,natuurlike troufoto’s gesien. Uniek.
Goedgedaan, Linda van Dyk fotografie .

CG ·

Pragtige bruid. Sterk bruidegom. Mooi omgewing. Goeie foto’s. Sprokiesagtig! Net die mooiste vir julle!

Nickey ·

So lekker om mooi foto’s te sien en goeie nuus te deel
Baie geluk!! Mag God julle huwelik seën en mag julle nog lank gespaar wees vir mekaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.